Oud-vervoerhoof van Limpopo gee hom oor

Argieffoto

Argieffoto

Die voormalige hoof van die vervoerdepartement in Limpopo het homself Woensdag aan die polisie oorgegee op aanklag van moord en poging tot moord.

“Hy het homself oorgegee na bewerings dat hy betrokke was by ʼn moord en poging tot moord,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, gesê.

Volgens Mulaudzi het die man en twee medepligtiges glo Maandag drie mans in Sekororo naby Tzaneen ontvoer. Hulle het die mans van ʼn sakeroof beskuldig. Die mans is erg aangerand voor hulle by ʼn drankwinkel afgelaai is waar ʼn veiligheidswag op hulle afgekom het.

Mulaudzi het gesê een van die mans het aan sy beserings beswyk terwyl die ander twee na die Sekororo-hospitaal geneem is vir behandeling.

Die twee ander verdagtes is ook reeds in aanhouding en sal Donderdag saam met die oud-vervoerhoof in die Naphuno-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

Sien, ons het nie ‘n poliesiemag nie. Mense doen nou die boendoe ding. Zuma sé mos ons moet die ou Africa manier dinge doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.