Oud-VSA-kongreslid kruip weg in SA

Mel Reynolds

Mel Reynolds

Mel Reynolds, ʼn voormalige kongreslid van Amerika, sê hy kruip weg in Suid-Afrika nadat hy vroeër uit Zimbabwe gedeporteer is.

Reynolds het in ʼn telefoniese onderhoud aan die Associated Press gesê hy glo hy word geteiken deur ʼn geheime Zimbabwiese span oor inligting waaroor hy beskik van Amerikaanse sakemanne, veral van Chicago, wat onwettig handel dryf in Zimbabwe.

Hy het die Mugabe-regime beskuldig dat hulle twee weke gelede pornografieklagtes teen hom saamgeflans het om hom te diskrediteer. Hy is op 16 Februarie in hegtenis geneem nadat hy ʼn paar dae in ʼn tronk in Zimbabwe spandeer het. Die klagtes is later weens ʼn tegniese punt laat vaar terwyl hy skuldig gepleit het dat hy Zimbabwe se immigrasiewette oortree het.

Hy is op 23 Februarie na Suid-Afrika gedeporteer nadat hy ʼn boete van $100 (net meer as R1 000) betaal het. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.