Oud-weermaglid gevonnis oor bedrog

(Argieffoto)

ʼn Voormalige lid van die weermag is in die Middelburgse streekhof tronkstraf van tien jaar vir bedrog opgelê.

Die 38-jarige Sipho Msiza is in Januarie 2015 al aangekeer nadat hy ʼn gekloonde bankkaart vir die betaling van ʼn selfoon van R6 500 by ʼn winkel op die dorp aangebied het.

Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê die bestuurder in die winkel het egter onraad vermoed en die polisie ontbied.

“Nog drie gekloonde kaarte is in sy besit gevind. Hy is in hegtenis geneem en aangekla van die oortreding van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies,” sê Sekgotodi.

Die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad het die saak oorgeneem en die ondersoek het eindelik tot Msiza se skuldigbevinding en vonnis gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

koos ·

A Mexican was on television with British TV host Anne Diamond when he used the word “mañana” (pronounced “manyana”).

Diamond asked him to explain what it meant.

He said that the term means “Maybe the job will be done tomorrow, maybe the next day, maybe the day after that. Or perhaps next week, next month, next year. Who really cares?”

The host turned to a South African who was also on the show and asked him if there was an equivalent term in his home language.

He replied: “In Africa we do not have a word to describe that degree of urgency.”

Ellie ·

6 jaar later eers gevonnis? Sjoe!! En in die 6 jaar was hy vry om nog bedrog te pleeg, of hoe?

Excalibur ·

Waar is die oposisie partye se Parlenteriers nou?? Vas aan die slaap! Alle LP’s julle het dit aan die Volk verskuldig om die Dept van Verdediging (DVV) tot verantwoording te roep en van die Hoof van die SANW af te eis om ‘n geloofwaardige oudit deur ‘n neutrale onafhanklike regs-ouditeursfirma te doen op alle DVV personeel se kriminele (“CAS” by SAPKRS) & disiplinere rekords (“DD28” op PERSOL) na te gaan en statistiek te openbaar van die huidige status per ranggroep ten opsigte van skuldigbevindings en verhoor afwagtend. Weermag Adjudant Offisiere en alle Offisiere is veronderstel om integriteit uit te dra dmv ‘n spierwit skoon diens & siviele /SAPD rekord. Ek daag ons LPs en Media uit om hierdie somme te eis en te openbaar sodat Jan Publiek kan weet of sy Weermag sy Grondwet regtig eerbiedig en bewaar en dat ‘SA Soldate’ met trou & lof bejeen kan word. Tans is daar net te veel misdaad aan biine ons magte te bespeur wat die nuus haal.

Surfer ·

90% is net daar vir n maandelikse inkomste en het seker rekords.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.