Oud-weermaglid skuldig aan moord op vrou

John Thapelo Momogale (Foto: Facebook via SAPD)

Die Noord-Kaapse hooggeregshof het vandeesweek ʼn voormalige sersant van die Suid-Afrikaanse weermag (SANDF) tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die moord op sy vrou.

Luidens ʼn verklaring het John Thapelo Momogale (35) op 5 Februarie 2012 sy vrou, net bekend as Shelley (26), se lewe geneem toe hy haar in ʼn gastehuis in Kimberley in die Noord-Kaap met ʼn R4-aanvalsgeweer geskiet het.

Momogale is ook skuldig bevind aan die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Volgens die polisie is die 26-jarige Shelley in 2012 op die toneel dood nadat sy in haar kop geskiet is. Die egpaar was glo in ’n rusie betrokke waarna Momogale sy humeur verloor en haar geskiet het.

Momogale is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en tien jaar vir die moord op sy vrou.

Drie jaar van die vyf jaar-vonnis vir die besit van ʼn onwettige wapen sal gelyklopend met die moordvonnis uitgedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Oom Kalahari ·

Niks nuuts van opvlammende humeure en uitlokking nie.

Zelda de Ridder ·

Van wanneer af kry ‘n moordenaar slegs 12 jaar vir moord?? Wow!!!!!Verduidelik die logika aan my in moordpleeg vir 12 jaar vonnis en iemand ‘n les leer vir 15 jaar vonnis.? Daar is drasties fout met ons regslui?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.