Oud-werkers dalk agter Maties-kantoor brand

brand vuur vlam

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

ʼn Kantoor in die Universiteit van Stellenbosch (US) se administrasiegebou is Donderdagaand heeltemal in ʼn brand verwoes.

Martin Viljoen, woordvoerder van die universiteit, het gesê die kantoor en ʼn student se motor is omstreeks 22:00 aan die brand gesteek. “Die kantoor is heeltemal vernietig, maar niemand is in die voorval beseer nie,” het hy gesê. Aanvanklike aanduidings is dat die skade aan die gebou en kantoor sowat R300 000 beloop.

Volgens Viljoen is die brandalarm geaktiveer en veiligheidspersoneel en nooddienste het die brand in die kantoor in die kelderverdieping van Administrasiegebou B geblus. Veiligheidspersoneel kon ook daarin slaag om die brandende motor te blus, maar dele daarvan is beskadig.

“ʼn Saak van brandstigting en saakbeskadiging is by die polisie aangemeld. Klasse en ander akademiese aktiwiteite op die kampus gaan voort, maar personeel en studente word versoek om te alle tye waaksaam te wees,” het Viljoen gesê.

Volgens Viljoen het hulle onbevestigde berigte ontvang dat die brandstigters voormalige werknemers is van maatskappye wat deur die universiteit gekontrakteer is.

Prof. Wim de Villiers, US-rektor en visekanselier, het gesê die bestuur beskou die voorval in ʼn baie ernstige lig. “Dit is nie protes nie. Dit is kriminele optrede en is daarom totaal en al onaanvaarbaar. Ons het ʼn verpligting om die universiteit en sy mense te beskerm en sal nie huiwer om dit te doen nie. Ons sal ook dissiplinêr optree teen universiteitspersoneel en studente wat hulle skuldig maak aan wangedrag,” het De Villiers gesê.

Veiligheid by die administrasiegeboue is intussen opgeskerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

wynand ·

Ja devilliers jy praat net maar niks gebeur nie. Niemand respekteer jou nie.

Christo ·

Dissiplinere optrede is nou te laat. Probeer kriminele vervolging. Die skoen is nou aan die ander voet.
Hierdie ongewenste elemente regeer nou die universiteite! Julle het nie die ruggraat om hulle vas te vat nie.

Nic de Bruyn ·

Weereens ‘n voorbeeld van ‘n Rektor wat niks beteken nie. Onderhandel met die duiwel en betaal die prys.

Thys ·

Dis nie protes nie, dis krimineel? Ek sou dit nooit kon raai nie.

dirk ·

Nou is daar nie kameras wat die misdadigers af kon neem nie ,want dis wat hulle is , en waar is die sekuriteit wat veronderstel is om die kampus te patroleer my kind is daar om te studeer nou moet sy waaksaam wees , skep n veilige plek vir ons kinders dis waarvoor ek baie betaal.

Irene ·

Maak alle unv toe dan kan niemand leer nie oorsee sal hulle weg jaag julle mor nou te lank met eff se opstokers regering bang vir hulle

Veronique Aspeling ·

Dankie vir die polisie wat darem ons kinders veilig in geboue opgesluit hou maar hoekom word hierdie aanhoudende optogte toegelaat rektor? Ek vrees vir my kind en nou word hulle eksamentyd ook belemmer. Miskien moet u die polisie vra om om die kampus blokkades te hou en hierdie nie-studente die kampus te verbied.

wynand ·

Hoop hy is tevrede , was dalk sy modus operandi al die tyd gewees. Hy en sy bestuur. een van die dae sit die lot sonder werk.Hy leer mense om lafhartig en sonder integriteit te wees. D it is wat die lamsak daar maak.Wat anders? Daar was nog geen suksesstorie van die lafhartige knaap nie.

saarkie ·

Haha dis wragtig een en diesefde wim de villiers wat Maandag gereel het dat studente gedwonge politieke vergaderingstoesprake oor ” white privilege” in hul koshuise moes bywoon.
Die man is lagwekkend en moet liewer weer oorsee gaan wegkruip!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.