Oudbaas van Fidentia op parool vrygelaat

J. Arthur Brown. (Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA)

Die veroordeelde bedrieër J Arthur Brown is op parool vrygelaat.

Brown, voormalige Fidentia-baas, is in 2013 op twee aanklagte van bedrog skuldig bevind terwyl hy op verskeie ander aanklagte teen hom, waaronder geldwassery en korrupsie, vrygespreek is. Hy is aanvanklik tot ʼn boete van R150 000 of drie jaar tronkstraf gevonnis.

Die appèlhof het einde 2015 Brown se vorige vonnis tersyde gestel en hom tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op elk van die twee aanklagte van bedrog. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word. Brown het hom later tot die Konstitusionele Hof gewend om teen dié vonnis te appelleer, maar dit is van die hand gewys.

Brown is Donderdag op parool vrygelaat. Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het gesê Brown kon eintlik al in Augustus 2019 vir parool in aanmerking gekom het, maar daar is daarteen besluit.

“Brown neem verantwoordelikheid vir die oortredings wat hy gepleeg het en het berou,” het Nxumalo gesê en bygevoeg dat Brown geïdentifiseerde programme voltooi het waarna aanbeveel is dat hy op parool vrygelaat word.

“Brown sal vir die res van sy vonnis aan spesifieke voorwaardes moet voldoen en sal onder toesig wees tot sy vonnis op 2 Desember 2028 verstryk.”

Brown is gevonnis op twee aanklagte van bedrog wat verband gehou het met die sy hantering van beleggings vir Teta, die opleidingsowerheid vir die vervoersektor, en die Mantadia Asset Trust Company tussen 2002 en 2006. Brown het aanvanklik tereggestaan op 192 aanklagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Aai ·

Al wat hy nou gaan doen is wag tot hy klaar is met parool voorwardes en dan gaan haal hy sy geld wat weggesteek is.

Samuel ·

Brown word onder streng toesig geplaas. En Zuma?? Zuma is ‘n ANC kader en Brown nie.

Lubbe ·

En hier loop so baie skuldiges in ons midde rond wat nooit die binne kant van ‘n tronk sal sien nie.

Dries ·

Hy het berou, maar my belegging is steeds gedeeltelik net weg.

Shakespeare ·

Die regstelsel is n klug. Die vonis wat gegee is word NOOIT uitgedien nie. Zuma ?? !!! Net vonnis soos Janus Walusch word ten volle uitgedien. Wat n grap.

Harley Davidson ·

En Zuma 1 week toe kry hy mediese parool oor hy terminaal siek is dieselfde siekte waar sy vriend Shabir so wonderbaarlik van herstel het.

Nici ·

Moet hy steeds na jare in die tronk die etiket van bedrieer kry of sal daar iewers genade wees? Is rehabilitasie en oorbegin moontlik of eenmaal sleg altyd sleg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.