Oudbeampte vas ná vervalste permitte aan buitelanders

Argieffoto

ʼn 34-jarige vrou is Vrydag deur die Valke se teenkorrupsie-eenheid vasgetrek vir die uitreiking van vervalste permitte.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê die vrou was ʼn voormalige beampte van die departement van binnelandse sake.

“Die verdagte van Kensington naby Kaapstad het glo in 2015 die departement se administratiewe stelsel gemanipuleer en permitte aan buitelanders uitgereik vir ʼn fooi van net meer as R10 000 per permit,” het Ramovha gesê.

Die verdagte sal 30 November in die Kaapstad-distrikshof voorkom op aanklagte van korrupsie en bedrog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

PJC ·

Ek dink hierdie is maar net die oortjies van die seekoei. As ń mens kyk na wie almal hierdie kantore beman dink ek daar kom honderde sulke gevalle voor. Waar anders kom die massas buitelanders veral uit die ooste van lande soos Pakistan vandaan.

Leahim ·

Suid Afrika sit met n wekloosheid probleem maar daar is nie meer een kafee in Pretoria wat nie in besit van n pakestanier is nie en hulle voorsien net werk aan ander pakestaniers nou wonder ek hoe kry hierdie klomp almal werks of verblyfs permitte.

Steenkool ·

Hulle kry almal permitte op voorwaade dat hulle die ANC ondersteun en vir hulle stem.

John ·

Ons konsentreer net op die Gupta’s. Die hele land is oorvloei met uitlanders wat doen net wat hulle wil en verseker nie ‘n sensusvorms voltooi nie. Daar word geraam dat ons landjie reeds meer as 70 milj mense huisves. Kyk net rond in jou eie buurt en neem waar wie die rykes is wat aanbou, groot nuwe motors ry en in die week tuis of in malls rondluier et ‘n dik beursie. Die land is verby herstel en die uitverkopers soek ‘n leier wat hierdie korrupte leefstyl sal laat voortduur.

Sarie ·

Kan niks in hierdie land meer gedoen word sonder dat daar duisende rande omkoopgeld by betrokke is nie? Geen wonder ons land se werklooheidsyfer is so hemelhoog. Trek al daai permitte in en stuur die beampte tronk toe en gooi die sleutel weg

Nico K ·

Die probleem met onwettige immigrante is eerstens ‘n mannekrag probleem. Daar is net soveel Immigrasiebeamptes en hule kan net soveel keer. Die polisie weet nie hoe lyk die verskil tussen ‘n wettige en ‘n vals permit nie. Selfs in die ou SA het daar meer as honderdduisend onwettiges per jaar die land ingekom. Ek het self in my weermag dae op die Swazilqandgrens diens gedoen en weet hoeveel onwettiges die gran onwettig oorgesteek het. En aangesien ons net ‘n klein deeltjie van die grans elke aand kom patroleer glo ek die persenatasie wat ons gevang het was klein. Die 2de probleem is dat SA burgers die vreemdelinge help. Ek ken baie mense wat al vir my gesê het hulle het Zimbabwiërs in hulle diens. Dit is ons wat vir hulle werk gee. En die Pakistanis trou almal SA burgers. Weereens SA burgers wat hierdie persone help. En dan is korrupsie natturlik ‘n groot probleem. En ek kan nie sien dat ons daai een ooit gaan wen nie.

bgj van der westhuizen ·

buite land se hoof kantoor was daar ook in geval toe betaal hulle die wit vrou hoof en nog n wit vrou af en verplaas wit man na ander departement hulle was onskildig maar die regte skuldiges was van hulle geweet maar hulle is gelos om te bly werk in daar die departemen en hulle doen nog net die selde as wat hulle doen

Swannie ·

Dan wonder ek ook hoe die Chinese permitte kan bekom, terwyl hulle geen woord Engels of Afrikaans kan verstaan of praat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.