Oudbestuurder moet opdok vir gesteelde geld

Die verdagte het glo R1,5 miljoen uit mense geswendel. (Argieffoto: Maroela Media)

ʼn Voormalige bestuurder van JKJ Express in die Oos-Kaap moet bykans R75 000 se gesteelde geld aan dié maatskappy terugbetaal.

Die Oos-Londense landdroshof het Grant Moore (46) Woensdag ook tot drie jaar tronkstraf gevonnis. Die vonnis is vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat hy nie ʼn soortgelyke misdaad in dié tyd pleeg nie.

Moore is daaraan skuldig bevind dat hy tussen 2010 en 2015 grootskaalse bedrog gepleeg toe hy as alleenbestuurder ook die maatskappy se finansies hanteer het.

Hy is op 20 September deur ʼn ondersoekspan van die Valke in hegtenis geneem.

Yolisa Mgolodela, woordvoerder vir dié eenheid, sê Moore het verskeie kontantbetalings vir verkope en dienste ontvang, maar nooit die geld in die maatskappy se bankrekening inbetaal nie.

“Moore het die betalings vir dienste wat deur die maatskappy gelewer is, persoonlik of via personeellede ontvang. Hy het die geld egter vir eie gewin gebruik.

“Die eienaars het in 2015 ʼn klagte by die Valke ingedien nadat hulle ʼn afname in omset en ander ongerymdhede opgemerk het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
JM

Slim vang sy baas. Die een of ander tyd sit jou turf. Oneerlikheid betaal nie.

Sarel

Vergelyk nou hierdue vonnus met die twee Staarsamotenare wst R700,000 vsn die Belastingbetalrt
Geneem het.. boete….opgeskorte vonnis..en geen
Terugbetaling van vondse nie…2 + 2 = ???

Androclus

Dis van geld”like”