Oudburgemeester se FB-plasing versprei soos veldbrand

Lentswe Mokgatle. Foto: Via Facebook

In ʼn tyd wat rassespanning in Suid-Afrika hoog loop, het ʼn plasing van adv. Lentswe Mogatle, die voormalige burgemeester van Mogale City in Krugersdorp, Facebook-gebruikers aan die gons.

Mokgatle het Vrydagaand om 22:55 foto’s op Facebook gedeel van sy plaas wat brand.

“Daar was vanaand ʼn brand op my plaas. Ek weet nie wie dit gestig of hoe dit onstaan het nie, maar soos dinge hier gebeur, het my bure hier aangejaag gekom in hul bakkies en die brandweer bygestaan om die brand onder bedwang te bring voor dit groter skade kon aanrig. Raai wat, hulle is almal Afrikaners,” het hy by die plasing geskryf.

Sy plasing is teen Sondagmiddag byna 10 000 keer gedeel en daar is meer as 410 keer kommentaar gelewer, waarvan by verre die meerderheid van die kommentators die gebaar verwelkom.

S’makhuhle Bokwe Mafuna het op Mokgatle se plasing gereageer en onder meer gesê: “Jy moet ʼn goeie persoon wees, so ook jou bure. In die plaasbedryf weet mense vandag is dit ek en môre is dit jy. Dit was voorheen so in eKasi gewees. Mense het mekaar nodig, en ons almal weet dit,” waarop Mokgatle geantwoord het: “Ons is veilig BraB, te danke aan my boerebure.”

Boitshoko B. Modise Soort het geskryf dié gebaar herstel ʼn mens se geloof in die mensdom, ongeag van ras. “After all, there’s only one race… the human race,” het hy geskryf.

Lerato Cynthia Sereo skryf: “Dank God dat geen lewe verlore is nie. Ons is dankbaar teenoor die bure. Dit is net ʼn bewys dat daar steeds goeie mense daar buite is.”

Gideon Havenga skryf: “Baie goeie nuus om te hoor die brand is geblus. Ons kan as ons almal saamstaan.”

Die sanger Steve Hofmeyr het op Twitter geantwoord: “As Afrikaners aanvaar word, sal hulle tot by die maan vlieg vir hul bure.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Anoniem ·

Mnr. Lentswe Mokgatle ! O-ja onthou net om vir President Ramaphosa te twiet om Hom te vertel van die goeie samewerking en hulp wat Jy gekry het ! Dankie !

Anoniem ·

Wow great great news we were the and will be always and forever that is our humanity to help.in deed!!!!

Hannah ·

Adv. Mokgatle, Dankie hiervoor. Ons land het positiewe beriggewing nodig. Dankbaarheid dat die brand geblus is. Dankie ook aan almal wat gehelp het.

Bossie ·

Great! FANTASTIC! Thank you for sharing. The boere are good people, there are also good coloured people, blacks, etc. We all want to help each other and be good to one another. POLITICS ARE KILLING US ALL. That is what we must get rid of. We helped a little black girl as well. Her mother died at birth, her granny didn’t want her. She grew up with her aunt. We helped her to go to a school in town and not in the rural area. We bought all her school clothes, paid her school fees, bought all her stationary. We helped the aunt to get grant for this child. Today, seven years later, that child is a clever young lady. We didn’t tell anybody because that is who we are. But today I feel the urge to do so. There is a lot of you who did the same. Please share your story as well. No matter what the colour of your skin is…

Ander Annie ·

Dankie Adv. Dit is net weereens due bewys dat daar welwillendheid bestaan by heelwat Boere. Ek is oortuig daarvan dat geen Boer sal toesien dat sy buurplaas brand, sonder om te gaan help. Ons het meer sulke berigte nodig.

Jan ·

Ja hier by ons het van die nuwe boere nie eers vuur vegters nie..Ons help al vir jare mekaar hier..Sonder die staat.se hulp.

Penellope Jones ·

Sjoe, skokkend om te hoor van die brand, maar wonderlik om te hoor dat bure bereid was om te gaan help!
Soos ek boere ken, is hulle altyd bereid om te help.

Snowball ·

Mense in ‘n gemeenskap wat saamstaan en mekaar se belange beskerm, die ware betekenis van jou naaste liefhê; dit is die beste wat ons in mekaar moet uitbring, hoe frustrerend dat politici, veral die populistiese soort hierdie bymekaarkom ondermyn deur ons verdag te maak vir mekaar en ons polariseer deur vrees en ons net velkleur in plaas van menswees laat raaksien. Bly daar is soms positiewe boodskappe van alle Suid Afrikaners oor wie ons (alle rasse) werklik kan wees as ‘n nasie.

IK ·

Laat ook Trump weet. O ja moenie Juliass en Lindiefie vergeet.

Penellope Jones ·

Hoekom is hierdie man verbaas dat Afrikaners hom kom help het? Dis wat hulle doen

Saartjie ·

Penellope Jones, ek dink nie ‘Guess what’ en die Afrikaanse vertaling ‘Raai wat’ dui noodwendig op verbasing nie – dit word meer dikwels gebruik om die aandag te vestig op die teks wat volg … veral as die teks wat volg die teenoorgestelde is van wat die deursnee-leser mag verwag. Jy moet dus eerder gaan kyk na die mense met wie die advokaat op FB bevriend is en wat hulle algemene indrukke van Afrikaners is, om die impak van sy stelling te verstaan.

Haan ·

“always do right. This will gratify some people and astonish the rest” – mark twain

Op die ou end gaan dot oor jou Hart… Het jy n vrot hart, of n goeie hart…

Mickey ·

Dalk net n klein eye opener vir julle. Dit is presies wie en wat ons boere is. Dankie dat jy die positiewe boodskap op facebook gedeel het.

Lollie ·

Baie dankie vir ń goeie positiewe storie. Ons het beslis meer daarvan nodig!
Dankie dat hy hulp gekry het van oral, dat almal met die diere veilig is, dat hy eerstehandse ervaring het van afrikaanse boere en laastens dat hy dit op fb geplaas het! Duisende dankie dat hy vir afrikaners en die boere ń pluimpie kon gee want gewoonlik trek ons aan die kortste end.

Lerato ·

As plaas seun het ek hoëveld vure eeerste hands ervaar. Dan het almal swart en wit ingespring om die vuur te blus.

Daar was so ‘n goeie verhouding tussen al die mense.

Dit grief my om die haatspraak op sosiale media te lees

Cherokee ·

Vroeër het ek nogal van jou bydraes gehou. In my nuutste kommentare wys ek mede-bydraers daarop om tussen die lyne ook te lees.

Sophia erasmus ·

Daar is geen haat tussen die nasies nie. Die haat word aangeblaas deur die politiek. Die wat rerig lief het soos die bybel beskryf sien vel kleur nie raak nie…dis waneer ander dinge bykom wat daar haat gesaai word. Saam kan ons misdaad bekamp en rassehaat mee weg doen.

FM ·

Malema moet dit ook lees. Hy sal seker weer n populistiese rassistiese geurtjie by hierdie storie wil voeg. Malema is die grootste rasseverdelingsfaktor in die land. Gelukkig sien die mense deur hom. Ons moet mekaar net aanhou ondersteun.

Yankee ·

Ok, as n man se huis of plaas brand, gaan ek daar wees om te help!! Anders nie, gaan my huis of plaas ook afbrand!! Twee kante van n wonderlike fee verhaal.

Karolis ·

Dit is rede nommer een hoekom die bure eerste inspring om te help.
Agterna kom allerhande uitsprake.

Adam ·

Dit is so jammer dat ons ‘n natuurramp nodig het om ons te herinner aan die welwillendheid tussen mense van alle rasse. Daar is en was nog altyd groot welwillendheid onder mense, selfs gedurende die vorige bedeling, maar ongelukkig stook politici gedurig kwaad om goedkoop politieke punte te verwerf.

Gerhard ·

Dit is nogal interessant wanneer so iets gebeur wat mense se kommentaar is daarop. Eintlik het die man net gedoen wat enige mens behoort te doen. Die feit dat mense voel hy moet daarvoor bedank word (omdat hy mense wat hom help bedank vir hul hulp) se nogal baie van die situasie waarin Suid-Afrika verkeer.

Elsa ·

So sal die wereld weet waar daar eenheid is , is daar hoop. saamwerk en nie teen of binnegevegte of arms gevou staan en toekyk nie..Hoera vir die mooi saamstaan . Die verandering is hier en elke kwaadwillige sal gearresteer word “SOUTH AFRICA WILL BE
CALLED PARADISE”

Blommie ·

Dis nou so n mooi storie, net die regte storie om n Blou Maandag mee te begin.
So bly daar is mense wat verby kleur kan kyk en die ernstigheid van omstandighede binne die oomblik te kan raaksien.

Francois le Cochon ·

‘n Mens kry “consumers” en “producers”. “Consumers” is die wat in groot groepe saamdrom en eise stel, en terselfde tyd als om hul vernietig en afbrand. “Consumers” is soos springkane. “Producers” daarenteen is diegene wat ‘n land wil opbou om ‘n beter plek vir al die landsburgers te maak, en vir kul kinders se kinders. “Procucers” is soos miere en bye. So, as jy iets in die lewe wil bereik, skaar jouself met die “producers”, ongeag hul velkleur.

Stuiwer ·

Dis fantasties dat die bure gehelp het. Ek dink egter dis nie omdat hulle Afrikaner Boere is nie, maar bloot boere is wat nie wil toelaat dat die brand na hulle plase versprei nie.

Hannelie ·

Ons maak jou sommer President!!! Ons land het meer van jou soort nodig mnr Mokgatle!!!

madels ·

Genade Stuiwer! Ek glo nie vir n oomblik het een van daai boere so gedink nie, hul het n mede boer in nood gesien en ingespring om te help… punt!

Amelia ·

Dit is hoe ek my kleintyd onthou. Almal help mekaar. Gelukkig hier op die platteland kry ons dit nog, maar ja die stedelinge wyk uit en kom jaag nonsens aan hier by ons.
Ek is vandag trots op my mense.

Lizl ·

Dit is wat boere doen. Dit is die hart van die Afrikaner, om altyd te help. Net jammer te min mense sien dit raak. Dis mos deesdae `n sonde om wit en `n boer te wees.

Erika ·

As ons saamstaan, kan dit werk!!! Almal is gatvol vir die politieke partye wat rassehaat aanpor!! Ons is almal mense en geskape deur God, maak nie saak watter kleur jy is, maar kom ons werk saam en respekteer mekaar….Luv SA!

CB ·

Hierdie bietjie positiewe nuus gee hoop vir ons land en mensdom!
Deesdae is almal vir hulleself en gee nie meer om vir mekaar nie! Meer nuus soos hierdie moet geplaas word sodat ons ander ook kan motiveer en inspireer om mekaar te help en by te staan, ongeag van waste kleur vel jy het.

As ons saam staan, KAN ons ‘n beter land en wêreld hê! ” Be the change you want to see in the world”

maryann ·

Absoluut wonderlik om so ‘n berig te lees – Ja dis waar We are after all just one race the human race – As ander dit tog net wil insien maar hul dink afrikaners staan vir wit. Kom nou laat ons aanhou om sulke mooi berigte te lees en ontslae raak van die juju’s en negatiewe mense – Die Afrikaner hart brand vir sy naaste.

Hoc est bellum ·

Ironies. Dié berig verskyn nie in News24 se berigte nie. Selektiewe beriggewing? Beslis. Maar hul bly hamer oor die Griek wat rassisties was. Bad news sell? Beslis!

Gerda ·

En daar hoor ek nounet op Jakaranda dat dit wit én swart boere was wat gaan help het. Terwyl dit duidelik se hulle was almal Afrikaners. So maklik vir die media om ‘n storie so klein bietjie te verdraai om hulle te pas.

RM ·

Afrikaners het my, sy naaster, nog altyd gehelp met ‘n glimag en ‘n laggie wat jou hart sommer optel.

pieter ·

Ek het geen ooghare vir politiek nie, ook nie vir meeste politieke leiers nie. As jy iets wil opdinges, kry politiek betrokke.

Die gewone ou in die straat is meestal soos die mense wat hier beskryf word, behulpsaam, maak nie saak wie jou buurman is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.