Oudburgemeester sterf

David Davids. Foto: Verskaf

ʼn Voormalige burgemeester van Rustenburg in Noordwes is vroeër dié week dood.

“Dit is met groot hartseer dat ons verneem het dat die voormalige burgemeester, mnr. David John Davids, oorlede is,” het die Mpho Khunou, uitvoerende burgemeester, Dinsdag gesê.

“Hy was die eerste demokratiese verkose burgemeester van Rustenburg wat die gemeenskap in verskeie hoedanighede gedien het.”

Dit is nie onmiddellik bekend hoe Davids dood is nie.

Sussana Dantjie, die ANC se waarnemende provinsiale sekretaris, het gesê dié veteraan was ʼn aktiewe lid van Rustenburg se Wyk 9 waar hy gewoon het.

ʼn Gedenkdiens vir Davids word Donderdag om 14:00 by die Tlhabane-gemeenskapsaal gehou. Hy sal Saterdag in die helde-akker van die Donkerhoek-begraafplaas begrawe word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.