Oudburgemeester-video: ‘Dis kwaadwillig en verdraaiing’ sê polisie

Eugene Nel in Lichtenburg, Noordwes op 29 November 2014 (Skermskoot uit die video)

Eugene Nel in Lichtenburg, Noordwes op 29 November 2014 (Skermskoot uit die video)

Die polisie in Noordwes het Maandag gesê die beeldmateriaal wat wys hoe polisiebeamptes Eugene Nel, ʼn oudburgemeester van Lichtenburg, hardhandig behandel voor hulle hom in ʼn vangwa inboender, is ʼn verdraaiing van wat werklik gebeur het.

Maroela Media het vroeër berig oor die voorval wat Saterdag by ʼn winkelsentrum in Lichtenburg plaasgevind het. Nel word in die video rondgestamp, teen die vangwa vasgedruk en hy is in ʼn stadium sy hemp en een skoen kwyt. ʼn Vroulike polisiebeampte hou haar vuurwapen deurentyd in haar hand.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, het Maandag gesê hoewel die polisie van brutaliteit beskuldig word, is dit duidelik dat daar nie eers “minimum geweld” gebruik is om Nel in hegtenis te neem nie.

Volgens Ngubane maak artikel 39 en 49 van die Strafproseswet voorsiening vir die gebruik van geweld om iemand in hegtenis te neem indien die persoon daarteen verset. “Daar was geen geweld of haatspraak tydens die voorval nie. Die verdagte het polisiebeamptes wat by ʼn ongelukstoneel was beledig en ingemeng en dis hoekom hy in hegtenis geneem is.”

Volgens Ngubane moes die verdagte die “eerlike” ding gedoen het en aan die polisiebeamptes se instruksies gehoor gegee het. “In plaas hiervan het hy geweier om in die vangwa te klim nadat hy in kennis gestel is dat hy in hegtenis geneem gaan word aangesien hy ʼn konstabel in die gesig geklap het en die k-woord gebruik het,” het Ngubane gesê.

“Indien die arrestasie van ʼn verdagte brutaliteit is, beteken dit verdagtes sal nooit in hegtenis geneem word nie. Daar is geen aanduiding dat die verdagte se klere met opset uitgetrek is nie behalwe dat dit te wagte is in ʼn onderonsie soos op die video.”

Ngubane het intussen bevestig dat Nel Maandag in die Lichtenburg-landdroshof verskyn het en op borgtog van R500 vrygelaat is. Nel is op aanklag van aanranding, crimen injuria, inmenging met ʼn polisiebeampte wat aan diens is en verset teen arrestasie in hegtenis geneem. Die saak is tot 14 Januarie 2015 uitgestel. Volgens Ngubane sal Nel binnekort ook in die hof verskyn op die aanklag van crimen injuria.

Die video wat op YouTube gelaai is:
http://youtu.be/70dA65aOYFw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hannelie ·

Nou hoe op dees aarde kan ‘n video wat ‘n mens met jou eie oë sien, “verdraaiing en kwaadwillig” wees?

Martin ·

Maar dis mos nie wat gebeur het nie…… daar was maklik 13 getuies voor die SAP kantoor …hul almal vreemdelinge van mekaar….tog almal selfde storie…die video is net die “tip of the iceberg”
….en so by the way…waar is die bestuurder en sy mater wat met die corsa gery het en die ongeluk veroorsaak het… ai ai ou Nico…

Nadine ·

Indien dit gesien word as minimum geweld, sidder ek om aan maksimum geweld te dink. Nee wat, ons het mos maar geweet die nadraai gaan beslis nie positief wees nie. Ai tog, die k-woord sal tot in lengte van dae gebruik word teen enige Blanke, skuldig of onskuldig.

Chris ·

Sy het nie n holster aan nie, en die ander Polisieman se holster is leeg, wat beteken sy swaai nie eers haar eie wapen daar rond nie! Videos kan nie lieg nie! Onwettig in elke opsig!

Boland Boertjie ·

En wat sê die winkelsentrum se sekuriteit kameras?? Wie het vir wie geklap??
Daar is mos deesdae nie meer ‘n sentrum wat nie kameras in die parkeer terreine het nie.

Jose ·

Jy wat die video neem moet terug skool toe gaan… Dis pateties, polisie mag dit doen jou eier

charles du plessis ·

VOLGENS getuienis het gegene Nel slugs aan die polisie be-ampte wie die ongeluk by gewoon het en hom hardhandig grond gepluk het,,gevra om die bestuurder wie die ongeluk veroorsaak het se bloed monster te Laat neem omrede hy ooglopend sonder die invloed van alkoholiese drank was. Die polisie be-ampteampte wie duidelik hom nie gou Laat voorskryf wat om te doen nie. Dit is duidelik dat die polisie be-ampteampte die motor bestuurder wie oor ‘n swart man was Becker. Ek glo dat daar nooit ‘n bloed monster geneem was nie en dat die polisie be-ampte saam met sy hoofde en Stasie Bevelvoerder nou die blaam op MR. NEL Plaas. Die arresstasie was totaal onwettig . Ek hoop Mr. NEL DAGVAAR DIE POLISIE VIR R 10 MILJOEN vir die onwettige inhegtenis neming . Die Polisie se weergawe van die onwettige neming is totaal ongegrond en sal nie staande bly in enige hou nie die onwettige inhegtenis neming op die selfoon kan nie deur die Polisie bewys word nie . Die vroue polisie be-bewysampte wie die polisie vuurwapen op die bystanders erig het behoort aangekla te word vir die rig van ‘n vuurwapen op
‘n person. Dit is duidelik dat sy oor nie weet Wanneer om te’n vuurwapen te gebruik nie. Swak opleiding in die Polisie opleiding kollege .

marius louw ·

Die konstabel het minimum geweld gebruik indien enige,maar as ons kyk hoe die omie tekere gaan, hy stoei homself uit sy eie klere uit. 10 uit 10 vir die SAPD!!!

ansie ·

Hoekom moet ons gelate aanvaar wat gebeur? As ‘n wit boer/vrou/oumense/kinders brutaal vermoor word, kraai geen haan nie. Die SAPD se lede is ongeskik/onbevoeg en kruip agte hul uniform weg. En hoekom loop die madam met haar wapen in haar hand? Waar is haal holster??

Cobie Jansen van Rensburg ·

Ek hoop hier is lesse geleer, onder geen omstandighede vertel ‘n mens vir SAP hoe hulle moet werk nie.. Ek dink SAP het reg opgetree en as die man net in die vangwa ingeklim het, was daar minder probleme en nie nou ‘n hele sirkus oor wie reg en wie verkeerd was nie. En ook geen video’s wat nou soos veldbrand versprei op sosiale media nie.

Adé Fischer ·

Verskoon my Cobie, maar in watse sprokieverhaal wêreld sien jy hoe duidelike regsverydeling plaasvind, hoe ‘n minderjarige deur ‘n polisieman geklap word en sê jy niks en staan maar eenkant toe? Jy dink die polisie het reg opgetree? Hoekom moes hy in die vangwa klim? Was hy onder arres? Jy kan nie vir ‘n ou op straat sê “klim in die vangwa” nie, jy moet hom arresteer. Wat’s fout met die video wat soos ‘n veldbrand versprei? Is dit onwaar teenoor die wonderlike polisiemag met hulle reuse sukses verhaal? Ek is baie jammer maar ek kan nie met een enkele van jou stellings saamstem nie.

gawie de Beer ·

Dit is die maklikste manier om ‘n persoon te kry om die toneel te verlaat is om hom/haar te dreig dat hy/sy die geregsdienaar hinder in die uitvoering van sy/haar pligte. Die afgetrede burgermeester ken ook die wet en deur sy reg uit te oefen om aan die dienaar te sê dat hy die bestuurder moet toets vir alkohol om dat dit duidelik is dat die persoon onder die invloed is, is nie hinder in die uitvoering van pligte nie maar legs die geregsdienaar bewus maak van die feite en ‘n lid van die publiek se reg. Die geregsdienaar was duidelik nie van plan op sy dag te bederf om die beweerde oortreder te arresteer. ‘n dosier oop te maak die distriks geneesheer te kontak bloed te trek verklarings te skryf, besonderhede van die botsing te neem, botsings verslag in te vul en teen hierdie tyd is sy diens al verstreke. Dit is baie makliker om regsverydeling te pleeg en sy sy plig te versuim ,tov die botsing, Arresteer liewewrs die persoon wat hom/haar wil werk gee tot na sy/haar dienstyd dan kan hy/sy nog steeds betyds van diens gaan. Kry die ander persoon wat betrokke was in die botsing sodat hy ‘n saak kan maak teen die SAPS omdat hulle nie hulle pligte uitgevoer het nie. Verder soos ek dit sien is daar twee SAPS lede wat nie een man in ‘n vangwa kan laai nie en dan is dit nog ‘n ouman. Gee beide ontslag hulle is duidelik die woord polisie beampte werd nie.

Drique ·

Eerstens wil ek vir Jose se nee die polisie mag dit nie doen nie, dit was blatante en brutale geweld teen oor ‘n lid van die publiek wat ‘n blote versoek gerig het dat die besope bestuurder vsn die groen opel corsa wat my en verskeie ander mense op die winkel kompleks se parkeer terrein raak gery het en toe teen ‘n bakkie gebots het se bloed vir alkahol te laat toets en kapsiegemaak het omdat die polisie beampte ‘n jong seun geklap het wat die gebeure op video vasgele het. Wat sy reg is om te doen. Maruis Louw vir jou wil ek as dit minimum geweld is volgens jou weet ek nie hoe lyk maksimum geweld nie, die polisie beampte het Eugene aan sy klere rond geruk en pluk tot hy hom letterlik en figuurlik uit dy hemp en skoene het en het selfs later sy broek af getrek soos duidelik op video gesien kan word en dan is daar die vroulike beampte wat ‘n oorgehaalde wapen met haar vinger op die sneller onverskillig rond swaai. Cobie Jansen van Rensburg die polisie het beslis nie korrek op getree nie want in geen staduim is aam Mnr Nel sy regte voor gelees of is daar aan hom gese dat hy in hegtenis geneem word nie. Ek was daar en het glo my Mnr Nel
net gevra dat die bestuurder van die opel se bloed vir alkahol getoets word en toe dat die beampte nie aan jong kinders moet klap nie.

Bekommerd ·

Drique – ek hoop julle gaan saam met die persoon in die hof staan as getuies!

dawid breedt ·

Daar is onteensegtelik n aanslag op die blankes en ek wens ons mense wil saamstaan en landwyd alles plaas want deur alle insidente te publiseer want wat daar gebeur het gebeur ook elders in ons land .Vergelyk opstande in Amerika waar een anderskleurige geskiet is oor hy n speelgoedrewolwer rondswaai teenoor moorde op blankes in Suid afrika wat alles net as statistiek beskou word.

anet ·

So die Polisie het nie navrae gedoen oor wat die probleem is met die groen Opel Corsa nie. Ek glo ook dat die Polisie nie besef het dat daar so baie getuienis is wat gesien het wat gebeur het nie?

Skaam julle Polise van Noordwes!!!!!, julle het opgetree soos ‘n spul barbare, en veral die feetjie wat die gelaaide wapen, met haar vinnger op sneller so rondgeswaai het. Kla hulle aan Mnr Nel, en dagvaar hulle, kry al die getuienis bymekaar wat gesien het wat gebeur het asook die jong seun wat geklap is, hy kan ook sommer ‘n klag le teen die Nikswerd, Onopgevoede,Onopgeleide Swart Polissie kaders, wat Blanke mense afknou en rondpluk.As iemand per ongeluk raak geskiet was, sou dit onder die mat gevee word, want hulle het hulle self verdedig,terwyl hulle aan diens was

Riaan Slabbert ·

anet, hulle het absoluut GEEN idee wat skaamte beteken nie. Skop dan hul eie kleintjies soos honde dood.

Josie Burmeister ·

gee die polisie gas, hulle dink hulle is in beheer.

Josie Burmeister ·

Dit is my familie van Lichtenburg so die wat nie weet waaroor dit gaan nie moet tog nie altyd dink die polisie is reg nie, soos ons weet dar in min dinge wat hulle reg doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.