Maroela Media het vroeër berig oor die voorval wat Saterdag by ʼn winkelsentrum in Lichtenburg plaasgevind het. Nel word in die video rondgestamp, teen die vangwa vasgedruk en hy is in ʼn stadium sy hemp en een skoen kwyt. ʼn Vroulike polisiebeampte hou haar vuurwapen deurentyd in haar hand.
Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, het Maandag gesê hoewel die polisie van brutaliteit beskuldig word, is dit duidelik dat daar nie eers “minimum geweld” gebruik is om Nel in hegtenis te neem nie.
Volgens Ngubane maak artikel 39 en 49 van die Strafproseswet voorsiening vir die gebruik van geweld om iemand in hegtenis te neem indien die persoon daarteen verset. “Daar was geen geweld of haatspraak tydens die voorval nie. Die verdagte het polisiebeamptes wat by ʼn ongelukstoneel was beledig en ingemeng en dis hoekom hy in hegtenis geneem is.”
Volgens Ngubane moes die verdagte die “eerlike” ding gedoen het en aan die polisiebeamptes se instruksies gehoor gegee het. “In plaas hiervan het hy geweier om in die vangwa te klim nadat hy in kennis gestel is dat hy in hegtenis geneem gaan word aangesien hy ʼn konstabel in die gesig geklap het en die k-woord gebruik het,” het Ngubane gesê.
“Indien die arrestasie van ʼn verdagte brutaliteit is, beteken dit verdagtes sal nooit in hegtenis geneem word nie. Daar is geen aanduiding dat die verdagte se klere met opset uitgetrek is nie behalwe dat dit te wagte is in ʼn onderonsie soos op die video.”
Ngubane het intussen bevestig dat Nel Maandag in die Lichtenburg-landdroshof verskyn het en op borgtog van R500 vrygelaat is. Nel is op aanklag van aanranding, crimen injuria, inmenging met ʼn polisiebeampte wat aan diens is en verset teen arrestasie in hegtenis geneem. Die saak is tot 14 Januarie 2015 uitgestel. Volgens Ngubane sal Nel binnekort ook in die hof verskyn op die aanklag van crimen injuria.
Die video wat op YouTube gelaai is:
http://youtu.be/70dA65aOYFw
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
20 Kommentare
Nou hoe op dees aarde kan ‘n video wat ‘n mens met jou eie oë sien, “verdraaiing en kwaadwillig” wees?
Maar dis mos nie wat gebeur het nie…… daar was maklik 13 getuies voor die SAP kantoor …hul almal vreemdelinge van mekaar….tog almal selfde storie…die video is net die “tip of the iceberg”
….en so by the way…waar is die bestuurder en sy mater wat met die corsa gery het en die ongeluk veroorsaak het… ai ai ou Nico…
Indien dit gesien word as minimum geweld, sidder ek om aan maksimum geweld te dink. Nee wat, ons het mos maar geweet die nadraai gaan beslis nie positief wees nie. Ai tog, die k-woord sal tot in lengte van dae gebruik word teen enige Blanke, skuldig of onskuldig.
Sy het nie n holster aan nie, en die ander Polisieman se holster is leeg, wat beteken sy swaai nie eers haar eie wapen daar rond nie! Videos kan nie lieg nie! Onwettig in elke opsig!
En wat sê die winkelsentrum se sekuriteit kameras?? Wie het vir wie geklap??
Daar is mos deesdae nie meer ‘n sentrum wat nie kameras in die parkeer terreine het nie.