Oudburgemeester word vermis ná plaasaanval

Manna Naidoo (Foto verskaf deur Rusa)

Manna Naidoo (74) word vermis ná hy op sy plaas in die Canelands-distrik in KwaZulu-Natal oorval is. Naidoo, ʼn voormalige burgemeester van Verulam, is Woensdag vermoedelik tydens ʼn plaasaanval ontvoer.

Die Reaction Unit South Africa (Rusa) se R44-helikopter is ontplooi om na Naidoo te soek.

“Sy familie het Rusa omstreeks 12:30 gekontak ná hulle ontdek het sy huis op die Panere-plaas staan oop en gesien het vier vuurwapens het uit sy kluis verdwyn,” het Rusa in ʼn verklaring gesê.

Naidoo se wit Toyota Hilux-bakkie met die nommerplaat NJ 777 het ook spoorloos verdwyn.

“ʼn Deeglike soektog is op die eiendom uitgevoer en sy huissleutel is gevind. Hy het alleen gebly. Hy het Dinsdagmiddag om 16:30 laas met sy dogter gepraat.”

Weens die onlangse oorstromings is paaie na die plaas erg beskadig. Rusa-beamptes moes hul voertuie ʼn paar honderd meter van die toneel verlaat en verder stap.

Die soektog duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek dink die probleem is dat daar te veel mense in Suid-Afrika is wat niks doen en behalwe dat hulle suurstofdiewe is is hulle maar net goed vir niks,hoop hy word ongedeerd gevind.

Christine ·

Dis ook deur die ANC se toedoen. Eers Zim vernietig en die grense oopgemaak om die honger kriminele te laat inkom om hul vernietigende werk hier te kom voortsit in opdrag van wie weet.

Delia ·

Oom, ek bid die hand van God oor jou vir jou veilige bewaring

Die Boerepompie ·

Dink nog ons land se wette is te lig hulle moet oor weeg om die dood straf trug te bring

Henk ·

Die regering sal dit nooit doen nie want die misdadigers tree dan juis op in hul opdrag.

M ·

Ontstellende nuus. Gebruik Hommeltuie in die ondersoek. Ai tog … sy geliefdes is in my gebede.

Andries ·

Waar is die dae toe beamptes met Ford F250’s – nou lyk dit hulle ry met Mustangs?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.