Oudhoof van HS Merensky sterf in fietsongeluk

(Foto: Facebook/HS Merensky)

Talle boodskappe van medelye het ingestroom ná die dood van Johan van den Heever, ʼn oudhoof van die Hoërskool Merensky op Tzaneen.

Van den Heever is Saterdag in ʼn fietsongeluk op die R528 George’s Valley-pad tussen Tzaneen en Haenertsburg in Limpopo dood.

Tidimalo Chuene, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid, het bevestig dat die bestuurder van ʼn Toyota Atios omstreeks 08:20 in twee fietsryers op die pad ingeploeg het.

“Die voertuig het ʼn man en ʼn vrou getref. Die vrou het ligte beserings opgedoen, maar Van den Heever is op die toneel dood verklaar.

“Die voorval word ondersoek.”

Die Hoërskool Merensky het intussen in ʼn plasing op sosiale media sy diepe medelye oor Van den Heever se dood betuig.

“Dit is met groot hartseer dat ons verneem van die afsterwe … van mnr. Johan van den Heever, oudhoof van Merensky en strategiese bestuurder van ons Laeveld-boerderytrust.

“Ons gebede gaan uit na sy gesin, familie en kleinkinders. Mag die Here sy hand oor julle hou in hierdie moeilike tyd.”

Ernst Roets, ʼn leerder tydens Van den Heever se tydperk as skoolhoof by Merensky, skryf in ʼn plasing op Facebook dat hy Van den Heever nooit sal vergeet nie.

“Hy was ʼn fantastiese hoof. Eenkeer toe ek op skool deur ʼn moeilike tyd gegaan het, het mnr. Van den Heever daarvan gehoor. Toe roep hy my in kantoor toe, net om vir my te sê ek is ʼn goeie seun en ek doen goeie werk. Dit het vir my vreeslik baie beteken.

“ʼn Ander keer het ons op die skoolterrein skaatsplank gery, toe ons hom aangestap sien kom. Ons het dadelik gedink ons is in die moeilikheid, maar hy wou net vir ons kom sê dat dit vir hom mooi is as die kinders skaatsplank ry.

“Hy het altyd ʼn grappie of ʼn storie gehad om te vertel en hy het altyd met deernis met en van die kinders gepraat.

“Ek sal hom altyd onthou,” sê Roets.

Die Hoërskool Ben Vorster op Tzaneen het ook sy innige meegevoel met Van den Heever se vriende en familie betuig.

“Die Vossies se innige meegevoel en simpatie met die afsterwe van mnr. Johan van den Heever. Ons bid dat ons Hemelse Vader sy gesin, familie en vriende deur hierdie moeilike tyd sal dra.”

Van den Heever sal Vrydag om 11:00 by die NG Moedergemeente in Tzaneen ter ruste gelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wit Leeu ·

Baie tragies ! Sterkte aan die familie ! Kom ek raai wie en wat die bestuurder van die Toyota Atios was……………………………

Danie ·

Die rooi oorpakke gaan seker vir die bestuurder ‘n medalje vir dapperheid gee.

Stephen ·

En raai wie die bestuurder van die Atos was? Niemand sal ooit weet nie.!

Danie ·

Die rooi oorpakke gaan seker vir die bestuurder ‘n medalje vir dapperheid gee.

Skappie ·

Sterkte aan almal wat hom geken het, maar vir al sy gesin. Mag onse Liewe Heer julle almal deur hierdie moeilike tyd dra.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.