Oudit laat vrae ontstaan oor Seta se spandering

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Konsep interne ouditverslag het vrae laat onstaan rakende spandering by die Seta vir kuns en kultuur, berig City Press.

In die konsepverslag word daar vrae gevra oor R10 miljoen wat verbind word aan ʼn ongespesifiseerde Afrika-nasiesbeker-projek van die sektorale opleidingsowerheid vir die toerismebedryf (Theta). Daar kan intussen nie vasgestel word waar die geld is nie. Die koerant berig ook dat die konsepverslag deur Grant Thornton onthul het dat ʼn voormalige werknemer die Seta gevra het om ʼn skooltoer na Italië te borg vir “drie benadeelde kinders.” Dit het egter aan die lig gekom dat een van die kinders die voormalige werknemer se kind is. Die borgskap is nietemin deur Mike Tsotetsi, uitvoerende hoof van Theta, afgeteken.

Die verslag het ook vrae laat ontstaan oor die proses wat gevolg is toe ʼn werknemer van ʼn sekretaresse tot ʼn bestuurder bevorder is. Volgens City Press blyk dit dat die werknemer iemand anders se CV gebruik het en slegs die naam bo aan die CV verander het. Tsotetsi het via ʼn e-pos aan die koerant gesê dat die verslag nog nie aan die Seta se raad verskaf is nie. “So ver dit die raad aangaan is Grant Thornton steeds besig met die ondersoek en gee die raad sy volle samewerking in die proses.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Hier ry die trein die sous trein ook skep solank die ANC regeer hulle gee dit verniet ander moet werk daarvoor lekker want die geld groei aan bome

Kobus ·

Die trein ry sonder enige haltes. Dit stoom voort as ek jou kommentaar lees. So ry die trein so ry die trein…en wat daarop mag volg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.