Ouditeur-generaal ‘bekommerd’ oor departement van gesondheid

(Foto: Brian Inganga/AP)

Die ouditeur-generaal het Woensdag aangedui hy is bekommerd oor die finansiële bestuur in dié departement sedert die instel van die tydperk van afsondering.

Die amptenary van die ouditeur-generaal se kantoor het eerstens aangevoer hulle sukkel die afgelope maand om gesondheidsamptenare verantwoordbaar te hou – en dit moet nou end kry.

Die ouditeur-generaal se kantoor hou veral hul oog op die bykomende R20 miljard wat aan die departement van gesondheid toegewys is vir korona-rampverligting.

Amptenare het bevestig die gesondheidsdepartement boer agteruit wat oudits betref omdat die departement nie die dissiplinêre maatreëls instel wat aanbeveel word nie.

Sleutelamptenare wat deur die ouditeur-generaal dopgehou word om die agteruitgang van gesondheidsentiteite te voorkom is die hoof‑ finansiële beampte, die hoofbestuurder van die voorsieningsketting en die hoof van monitering en evaluasie.

(Foto: Itumeleng English/ANA)

Van die aspekte wat die ouditeur-generaal bekommer, is interne finansiële bestuur wat skynbaar besig is om te gly, inligtingstegnologie wat nie na wense is nie, ondersoeke na wangedrag wat met te min dringendheid aangepak word, kontrakbeheer wat benede peil is en begrotingsinkortings wat dienslewering bedreig.

Die redes hiervoor is glo ontoereikende finansiële bestuur, gebrekkige monitering, swak rekordhouding, transaksies wat verkeerd aangeteken word, onwilligheid om aan die wetsvereistes te voldoen, en geen of ontoereikende strafmaatreëls teen oortreders.

Die aanbevelings aan die gesondheidsdepartement is dat die minister, dr.  Zweli Mkhize, sy verantwoordelikhede ernstiger moet opneem, dat die bestuur beter rekords hou, dat finansiële state meer akkuraat moet wees en dat wetgewing nagekom moet word.

Wat die portefeuljekomitee betref, moet terugvoer meer gereeld van die gesondheidsdepartement se topamptenary vereis word, amptenare moet aanspreeklik gehou word, vakatures moet gevul word en, les bes, ’n kwartaallikse lys van dissiplinêre optrede teen oortreders moet vereis word.

ANC-LP’s het bloot laat blyk dat hulle die aanbevelings ter harte neem, maar opposisiepartye het onderneem om die departementele amptenare te laat klippe kou wanneer hulle aanstaande week voor die portefeuljekomitee verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Zacahara ·

Neewat, die partytjie is nou darem net te lekker!!! Hoekom sal enigeen hulle steur aan die Ouditeur-Generaal?

johanf ·

Ten minste raak ons bewus van dit wat ons nooit hoor of lees nie……

Fedup ·

Incompetence, stupidity or a lack of education?
Pick one.
Please do not be shy to pick all off the above.

Boortor ·

Nou wie kan dan glo wat hierdie mkhize man kwytraak? Doen so ewe elke dag n aankondiging oor die stand van die virus. Hy belieg ons sekerlik van begin tot einde!

Burgermeester ·

Tipes ANC! Hulle dink mos geld groei aan ‘n boom. Noudat daar R20miljard beskikbaar is (was), nou moet dit alles ‘geblaas’ word in die eerste dag, want daar is mos ‘n onuitputbare bron van inkomste. Ek wonder hoeveel van daai geld het werklik ten doel gegaan vir gesondheid, en hoeveel het in die ‘cadres’ se sakke beland? Dit bewys net dat ‘n nasionale gesondheidskema nie in SA sal werk solank die ANC aan bewind is nie.

Fedup ·

Maybe we can go on a shopping spree. New fashion rules and all.

Burgermeester ·

Sure, the shopping spree is on me. I’ll ask comrades Mkhize and Sisulu if we can charge it to their departmental accounts.

Willem ·

Gelukkig sal die MEDIESE VERSEKERINS PLAN nie na die gemors die lig sien nie

Sarel ·

Bekommernis en verslae van wanbesteding en bankrot munisipaliteite val.nou al.vir jare.op dowe ore

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.