Ouditeur se moordenaars sit lank ná “kortste verhoor”

Lawrence Moepi

Lawrence Moepi

Die twee mans wat skuldig bevind is aan die moord op Lawrence Moepi, ʼn forensiese ouditeur, is in die Johannesburgse landdroshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis, het The New Age Vrydag berig.

Mpho David “Thirteen” Nkosi (39) en Remember Siphoro (42) is Donderdag gevonnis na ʼn verhoor van drie dae. Volgens die koerant is dit die kortste verhoor nog in dié hof.

Nkosi en Siphoro is dieselfde dag gevonnis waarop Moepi sy 42ste verjaarsdag sou vier. Moepi is op 18 Oktober verlede jaar in die parkeerterrein van sy kantoor in Houghton, Johannesburg doodgeskiet. Volgens die berig is Siphoro die pa van Moepi se vriendin se kind.

Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, het intussen Vrydag ondersoekers geloof dat hulle die moordsaak opgelos het. “As bestuur is ons uiters trots op die goeie werk wat gedoen is en die uitstekende ondersteuning wat ons van lede van die publiek ontvang het. Die span, in die besonder speurder ao. Abie Haynes, het uiters hard gewerk, dag en nag, om diegene te vind wat verantwoordelik was vir die moord op Moepi.”

Klik hier om vorige berigte oor die saak te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.