Ouditeur van rol geskrap vir swak Gupta-oudits

KPMG-twitter

Foto: @SADN_Diaspora/Twitter.com

Die Onafhanklike Regulerende Raad vir Ouditeure (Irba) het ʼn voormalige ouditvennoot van KPMG, Jacques Wessels, van die rol geskrap nadat hy aan wangedrag skuldig bevind is.

Wessels was die geregistreerde ouditeur verantwoordelik vir die oudits van Linkway Trading, ʼn projekbestuursmaatskappy in die Oakbay-groep wat verantwoordelik was vir die projekbestuur van die berugte Gupta-troue in 2013.

Die aanklagte teen hom het ingesluit ouditwerk wat gedoen is oor transaksies vir die troue by Sun City.

Die saak is die eerste vanuit die sogenaamde Gupta Leaks wat op ʼn dissiplinêre beslissing en straf uitgeloop het. Irba se tugkomitee het in Julie 2018 Wessels se verhoor saamgeroep.

Ses aanklagte van onvanpaste gedrag, elkeen met verskeie onderaanklagte, het Wessels in die gesig gestaar. Wessels het skuldig gepleit op al ses aanklagte, maar op ʼn gekwalifiseerde grondslag.

Twee van die ses aanklagte het bewerings van oneerlikheid bevat, drie het verband gehou met nalatigheid en een aanklag het gehandel oor ʼn verbreking van ouditeursonafhanklikheid. Al die aanklagte het gespruit uit die oudit van Linkway Trading se jaarlikse finansiële state vir die finansiële jaar wat op 28 Februarie 2014 geëindig het.

Irba se tugkomitee het beveel dat Wessels se registrasie as ʼn geregistreerde ouditeur opgeskort word en dat sy naam van Irba se rol geskrap word. Wessels is ook beveel om ʼn bydrae te lewer tot Irba se koste. Die komitee het verder beslis dat Irba Wessels se naam, die naam van sy firma, die aanklagte teen hom, die bevindings wat gemaak is oor die aanklagte en die sanksies wat hy opgelê is, moet publiseer. Daar is ook beveel die besluit oor die aanklagte en straf mag bekend gemaak word en Irba moes die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters van die verloop van sake in kennis stel.

Linkway Trading het deel gevorm van ʼn groep maatskappye genaamd Islandsite Group, wie se grootste aandeelhouers die Gupta-familie was. Wessels was KPMG se skakelvennoot met Linkway Trading en die meeste maatskappye in Islandsite Group.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johan ·

Is die man geskors, omdat hy swak werk gedoen het, of goeie werk gedoen het waarvan die die kaders nie hou nie?

Ruiklont ·

Kyk net hoe vinnig word daar opgetreë teen ‘n bleek vel en die kaders loop rond blykbaar sonder enige bekommernis, wat ‘n skande

TimJan ·

Gebeur as jy jou werk kook!
Net ‘n bietjie LANK gevat !!

Johanna Botha ·

En die eintlike diewe loop nog lekker rond en verskyn op anc se kieslyste

Cherokee ·

Ironies.. ons sit en wag om te sien wie gaan vasgetrap word en die eerste is die ‘n witvel. Interessant dat sommige menings wonder of hy werklik skuldig is ‘want hy is dan wit!’. Dit neem lank, na al die onthullings, om opvolgwerk te doen.

Sinies ·

Wat n grap, waar is KPMG in al hierdie dinge?
.
Het hy as n enkel persoon gewerk?
.
KPMG moet verantwoordelik gehou word, ook vir die skade as gevolg van alles wat onder hul vaandel gebeur het.
.
Dit sal gepaste straf wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.