Ouditeur wat munisipale korrupsie ondersoek, geskiet

Tshwane-burgemeester Solly Msimanga (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Die DA het die skiet van ʼn vroulike ouditeur wat korrupsie by die Emfuleni‑munisipaliteit in Gauteng ondersoek, ten sterkste veroordeel.

Solly Msimanga, die DA se premierskandidaat vir Gauteng en burgemeester van Tshwane, het gesê dié voorval het Vrydagoggend by ʼn gastehuis plaasgevind toe rowers by die ouditeur se kamer ingebreek en haar twee keer in haar bene geskiet het.

“Die gastehuis het twee ouditeure gehuisves; ʼn manlike ouditeur was in ʼn ander kamer en is nie beseer nie.”

Msimanga het gesê die voorval wek veral kommer aangesien die rowers slegs die skootrekenaar van die ouditeur waarop sensitiewe en noodsaaklike inligting oor die forensiese ondersoek by Emfuleni gestoor is, gesteel het.

“Inwoners van Emfuleni het die reg om te weet hoe hul geld bestee word. Hulle het genoeg onder die ANC‑administrasie gely as gevolg van wanadministrasie en korrupsie.”

Die DA het gevolglik ʼn beroep gedoen op die LUR vir veiligheid in Gauteng, Sizakele Nkosi-Malobane, en die provinsiale polisiekommissaris om ʼn soektog na die verdagtes te begin.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Spietnik ·

Veroordeling help niks.
Vervolging en skuldig bevinding, swaar trawe wat nie uitgestel op afgekoop kan word is al wat geld.
Met aander woorde Roben eiland toe met hulle!!!

Johann ·

Anargie en terrorisme. Als deel van die ANC se deffinisie van Afrika demokrasie.

Cherokee ·

Dit behoort nie nodig te wees om ‘n versoek te rig dat ‘n soektog na die verdagtes begin word nie.

IK ·

Daar behoort mos ‘n duplikaat te wees vd inligting? Nogal ‘n avontuur om Vereeniging/Vanderbijlpark se morsige strate en leë vullishooperwe, straatkruisings sonder stoptekens en slaggatstrate te trotseer met ook rioolstroompies vir afronding.

Koeloekoe ·

Trump was verkeerd
Dit is die “hellhole” die afrika land

John Samuel ·

Mnr. Msimanga – ek kan net hoop die sensitiewe informasie was gerugsteun [backup], en dat die ondersoek verder gaan!,
Wens die Auditeur beterskap toe – dit wys jou waartoe die kriminele element tot staat is….

komkommer ·

Daar is al n paar jaar terug aan my gese dat die werkers by die munisipale dienste tot R30 000 elke 3 maande kry vir prestasie bonisse, sal graag vir so n plek wil werk vir die geld en nie die werk nie

Wakker Akker ·

Ek ruik ‘n Rot…….hierdie was duidelik beplan om iemand/persone te beskerm

Wakker Akker ·

Ek ruik ‘n Rot…….hierdie was duidelik beplan om iemand/persone te beskerm. Het hierdie arme regering gedink dat hul regeer oor ‘n klomp idiote??? Nee glo my, ons is wakker…..

Johan ·

Die rowers is eintlik moordenaars. Dis so min n rooftog gewees. Noem n ding op sy naam. Los hierdie polities korrekte nonsens.

riaan ·

Ek voel jammer vir die slagoffer, maar wat het dit met msimanga te doen?

Hy probeer nou ‘n tragedie soos die vir eie gewin gebruik! Pleks spandeer die pateet eerder sy tyd en energie om die chaos met dienslewering (of liewer die gebrek aan dienslewering) en rekeneninge in Pta reg te stel.

Dit is obviously makliker om te praat as om die werk te doen waarvoor jy betaal word of hoe solly?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.