Oudkaptein, 12 ander hoor lot ná R104 miljoen-rooftog

hof-hamer

Argieffoto.

Die hooggeregshof in Delmas het 13 mense, onder wie ʼn voormalige polisiekaptein wat ʼn speurder in diens van die Valke was, Donderdag skuldig bevind in verband met ʼn rooftog van meer as R104 miljoen.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die beskuldigdes is skuldig bevind op aanklagte van sameswering om te roof, roof, vier aanklagte van ontvoering en kwaadwillige saakbeskadiging. Drie van die beskuldigdes is ook skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die beskuldigdes het die aand van 13 April 2014 by die kontantdiens SBV se depot in eMalahleni (Witbank) opgedaag en hulself onderskeidelik as kollegas van SBV se hoofkantoor en polisiebeamptes voorgestel. Hulle het aangevoer hulle moet van die werknemers ondervra waarna die perseel oopgesluit is en die beskuldigdes die werkers oorval het. ʼn Gespesialiseerde industriële boor is gebruik om die kluis oop te kry.

Van die werknemers is in motors ingeboender en na onbekende punte geneem. Die beskuldigdes het die R104 440 845,50 wat hulle tydens die voorval gesteel het na ʼn huis in Bronkhorstspruit geneem waar hulle dit onder mekaar verdeel het.

Die beskuldigdes is in die maande daarna in hegtenis geneem. Bhekane Welcome Gcabashe, die voormalige polisiekaptein, was die meesterbrein agter die rooftog. Tydens die verhoor het 61 getuies getuig.

Daar was aanvanklik 15 verdagtes. Een van die verdagtes is intussen vermoor terwyl die ander verdagte vrygespreek is.

Onder die 12 ander beskuldigdes is nog twee polisiebeamptes. Al die beskuldigdes is tydens die verhoor op borgtog van tussen R5 000 en R50 000 vrygelaat behalwe een van die beskuldigdes wat borgtog geweier is.

Daar is tydens die ondersoek beslag gelê op eiendom en ander bates van R15 miljoen.

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

PJC ·

Dit is verstommend waarby sommige polisie lede alles betrokke is, rooftogte,moord, plaasaanvalle, veediefstal,transito rooftogte, onwettige arrestasies en nog talle meer. Dit sal interressant wees om te weer watter persentasie van hulle by al die onwettige dinge betrokke is.

Dafer ·

Tot die teendeel bewys is, aanvaar ek dat 100% die korrekte syfer is!

Daan ·

Die polisie moet ontbind word en n nuwe polisie mag moet aangestel word volgens hulle hoof kan die helfde nie lees of skryf en die ander helfde is self kriminele so waar los dit die burgers van Sa en hulle konstitusionele reg om in n veilige omgewing te leef.

MP ·

Dafer my man en swaer is polisiebeamptes, ek en my suster was albei ook in die polisie. Jou 100% syfer is ‘n klap in die gesig vir soveel eerlike, hardwerkende polisiebeamptes daar buite. Mense wat meer as 20 jaar in dieselfde rang is, wat eerlik en hardwerkend is word onder dieselfde kam geskeer deur mense soos julle.

Johan. H. ·

Bere hulle diepper en langer as die gewone jan alleman, gmff

EvW ·

Ja nou wonder ek oor die een verdagte wat vermoor is? Wou hy nie dalk met die waarheid uitkom nie?

Ada ·

Korrup tot op die been
Soos n sweer wat die liggaam se weefsel verswelg en verteer het tot op die been

Mike Kaapstad ·

wie onthou nog vir Andre Stander , sekere kriminele elemente kom al lankal in die polisie voor………

lv ·

Ek wonder wie behalwe hierdie groep beskuldigdes,het gedeel in die R104 miljoen,en hoeveel van hierdie bedrag is ooit herwin,en indien enige,hoeveel is aan die einde wel vir bewaring ingehandig?

Piet ·

Weet iemand hoeveel van die buit is terug gevind ?
Vir daai geld is tronkstraf nie juis ‘n afskrikmiddel nie !

CHRIS ·

Dafer ek stem ook 100% saam met jou Moet ook nie van METRO vergeet nie

Moenie veralgemeen nie ·

Mense, julle moenie so veralgemeen nie…..daar is baie polisiemanne en vroue wat kliphard daaraan werk om teen misdaad te werk en te swoeg…..ek weet nie hoeveel daar in die polisiemag werk nie maar 15 uit net n duisend, en daar is natuurlik baie meer as n duisend, is net 1.5% wat korrup is…..daar is altyd erens vrot appels tussen n hele klomp mense maar dit maak nie almal vrot nie……julle is besig om die hardwerkende polisie manne en vroue se moreel te ondermyn……laat hulle aangaan om hul beste te lewer.

jakes ·

Dafer
Moenie veralgemeen nie…daar is beslis lede wat skelm en korrup is. Beslis nie 100% nie. Hoop al die korruptes word deeglik vasgevat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.