Oudkaptein, bende gevonnis ná R104 miljoen-rooftog

Argieffoto

Die hooggeregshof in Delmas het 13 mense, onder wie ʼn voormalige polisiekaptein wat ʼn speurder in diens van die Valke was, Vrydag gevonnis in verband met ʼn reuserooftog van meer as R104 miljoen.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het gesê al die beskuldigdes is Donderdag in dieselfde hof skuldig bevind op aanklagte van sameswering om te roof, roof, vier aanklagte van ontvoering en kwaadwillige saakbeskadiging. Van die beskuldigdes is ook skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die beskuldigdes het die aand van 13 April 2014 by die kontantdiens SBV se depot in eMalahleni (Witbank) opgedaag en hulself onderskeidelik as kollegas van SBV se hoofkantoor en polisiebeamptes voorgestel. Hulle het aangevoer hulle moet van die werknemers ondervra, waarna die perseel oopgesluit is en die beskuldigdes die werkers oorval het. ʼn Gespesialiseerde industriële boor is gebruik om die kluis oop te kry.

Van die werknemers is in motors ingeboender en na onbekende punte geneem. Die beskuldigdes het die R104 440 845,50 wat hulle tydens die voorval gesteel het na ʼn huis in Bronkhorstspruit geneem waar hulle dit onder mekaar verdeel het.

Die beskuldigdes is in die maande daarna in hegtenis geneem. Bhekane Welcome Gcabashe, die voormalige polisiekaptein, was die baasbrein agter die rooftog. Tydens die verhoor het 61 getuies getuig.

Daar was aanvanklik 15 verdagtes. Een van die verdagtes is intussen vermoor terwyl ʼn ander verdagte vrygespreek is.

Onder die  ander beskuldigdes is nog twee polisiebeamptes. Al die beskuldigdes is tydens die verhoor op borgtog van tussen R5 000 en R50 000 vrygelaat behalwe een van die beskuldigdes wat borgtog geweier is.

Daar is tydens die ondersoek beslag gelê op eiendom en ander bates van R15 miljoen.

Die bende is deur regter Bert Bam elk gesamentlik tot 48 jaar tronkstraf gevonnis. Die vonnisse word gelyklopend uitgedien. Hulle is effektiewelik tot 20 jaar tronkstraf elk gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hans ·

Ek sou dink 48jaar effektief is meer gepas. Soos sake nou staan is die lot op parool in 2027

Cherokee ·

Daar is dus net sowat R15m terug gekry. Die res van die geld moet tog êrens wees.

ontevrede leser ·

jammer vir die eerlike polisie, hier sit ons weer met ‘n geval van hoe polisie mense wat die hele polisie mag se naam deur die modder sleep, 8miljoen elk, wat ‘n maklike manier van geld maak

LV ·

Die vraag is nog steeds wat van die oorblywende R100mijoen geword het? Kon die polisie dit regtig nie opspoor nie?

Francois Joubert ·

Het iemand buite die regsberoep al logies gaan nadink oor vonnise? Op moord kry jy lewenslank, dus 25 jaar, op twee moorde kry jy 2 keer lewenslank maar dit is samelopend, dus nog steeds 25 jaar en so kan jy aangaan. So wat leer ons hieruit? As jy aanjaag gaan groot want jou vonnis gaan slegs wees op die ergste aanklag en skuldig bevinding. Hier gaps die ouens +- R 8 m elk, kry effektief 20 jaar, parool na se 7 jaar vir goeie gedrag. So jy ‘pay’ meer as ‘n miljoen ‘n jaar vir 7 jaar terwyl die belastingbetalers jou onderhou. Hoe is dit nie ‘n goeie besigheidsplan nie?

christa ·

die nou mense wat jy met jou lewe moet vertrou???????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.