Oudkollega getuig in Jason Rohde-saak

Jason Rohde (Foto: Henk Kruger/ANA/African News Agency)

ʼn Voormalige kollega van die moordbeskuldigde Jason Rohde, wat ook die maatskappy se jaarlikse konferensie by die Spier-wynlandgoed in Julie 2016 bygewoon het, het Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig.

Brendan Miller is ondervra oor wat die aand gebeur het voor Susan Rohde op 24 Julie 2016 dood aangetref is in die hotelkamer wat sy met haar man gedeel het. Haar liggaam het aan ʼn elektriese koord aan ʼn haak agteraan die badkamerdeur gehang. Die staat voer aan Jason het sy vrou vermoor en wou dit soos ʼn selfmoord laat lyk. Die verdediging hou vol die tragedie was ʼn selfmoord.

Miller het aan die hof gesê hy is vroeër die aand weg by die funksie en het na een van die hotel se kroeë gegaan en daar ʼn paar drankies gaan drink voor hy saam met ʼn kollega na sy kamer teruggekeer het.

“Ons het ʼn glas wyn gedrink en Jolene Alterskye het daar opgedaag. Ons was ʼn paar minute lank daar en toe het Jason opgedaag, gevolg deur Susan ʼn paar sekondes daarna,” het die hof gehoor.

Kaapstad-eiendomsagent Alterskye was Rohde se minnares en het ook die konferensie bygewoon.

“[Jason] het ingestap en hy het op die bed naaste aan die badkamer gaan sit. Sover ek kan onthou het hy en Susan omtrent dieselfde tyd opgedaag en sy het soortvan in die gang af beweeg en Jason geroep. Ek het vir Jason ʼn drankie aangebied, en hy het ‘ja’ gesê, en gaan sit. Sy het net herhaal ‘Jason, Jason’, en hy het opgestaan en uitgestap,” het Miller gesê.

Op ʼn vraag van adv. Graham van der Spuy, vir Rohde, of hy enige fisiese kontak tussen Susan en haar man in die kamer gesien het, het Miller geantwoord: “Nee, glad nie.”

Van der Spuy wou weet of hy kan onthou wat die atmosfeer in die kamer was in daardie stadium. “Dit was bietjie ongemaklik en almal het stilgebly, want hulle het nooit verwag dat Jason Rohde en Alterskye na die kamer toe sou kom ná spekulasie oor hul verhouding nie.”

Hy het aan die hof gesê hy het aan Rohde ʼn boodskap gestuur om te hoor of hy “oukei” is ná hy saam met sy vrou daar weg is. Hy het die volgende oggend om 07:00 ʼn reaksie gekry: “Drama, maar oukei.”

Die saak hervat Maandag, 13 Augustus.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
leser

Ek sê nog jy moet baie moed hê om jouself op te hang in omstandighede genoem
Elektriese koord om haar nek agter badkamer deur, waarop het sy gestaan om die draad oor die hakkie te kry
‘n enkel persoon gaan sukkel om iets om jou nek te sit en dan nog uit te rek om dit oor die hakkie te hak
Die hakkie is gemaak vir nagklere, handdoek, kamerjas, nie om die gewig van ‘ñ mens te kan dra nie

Oujongvrou

Hierdie man gaan skotvry uitstap en sy lewe hervat. En tien teen een saam met sy skelmpie. Maar hy sal nooit weer geluk smaak nie. Blinde sambokke slaan hard.

Vrouedag

Daar moet n wet wees teen ontrouheid in huwelike. Dit moet strafbaar wees …..

Henk du Toit

Nou wie is ons om te oordeel? Die feit dat Jason ‘n egbreker is maak nie van hom outomaties ‘n moordenaar nie en ook nie van Alterskye nie. “fiat justitia judex, non in eorum locum tenentes”- Laat die reg regspreek, nie leke nie. Wie die nuus gevolg het en objektief staan sal ook sien dat Susan Rhode erge emosionele uitbarstings gekry het. Vrouedag as jy sê daar moet n wet wees teen egbreek is jy nie so lekker op datum nie, Slaan asb na; Bybel;Tien gebooie en terwyl jy besig is Spreuke 29; Die vrou wie nie n man kon… Lees meer »

Lynette

NADAT sy vrou dood aangetref is en n kollega vir hom n sms stuur om te vra of hy OK is, antwoord Rhode: “DRAMA, BUT OK”……!???? NET HIERDIE ANTWOORD SÊ ALLES. So, volgens hom, vind hy sy vrou se dooie liggaam gehang, en hy beskou dit net as n bietjie DRAMA in sy lewe?????