Oudkollega getuig in Jason Rohde-saak

Jason Rohde (Foto: Henk Kruger/ANA/African News Agency)

ʼn Voormalige kollega van die moordbeskuldigde Jason Rohde, wat ook die maatskappy se jaarlikse konferensie by die Spier-wynlandgoed in Julie 2016 bygewoon het, het Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig.

Brendan Miller is ondervra oor wat die aand gebeur het voor Susan Rohde op 24 Julie 2016 dood aangetref is in die hotelkamer wat sy met haar man gedeel het. Haar liggaam het aan ʼn elektriese koord aan ʼn haak agteraan die badkamerdeur gehang. Die staat voer aan Jason het sy vrou vermoor en wou dit soos ʼn selfmoord laat lyk. Die verdediging hou vol die tragedie was ʼn selfmoord.

Miller het aan die hof gesê hy is vroeër die aand weg by die funksie en het na een van die hotel se kroeë gegaan en daar ʼn paar drankies gaan drink voor hy saam met ʼn kollega na sy kamer teruggekeer het.

“Ons het ʼn glas wyn gedrink en Jolene Alterskye het daar opgedaag. Ons was ʼn paar minute lank daar en toe het Jason opgedaag, gevolg deur Susan ʼn paar sekondes daarna,” het die hof gehoor.

Kaapstad-eiendomsagent Alterskye was Rohde se minnares en het ook die konferensie bygewoon.

“[Jason] het ingestap en hy het op die bed naaste aan die badkamer gaan sit. Sover ek kan onthou het hy en Susan omtrent dieselfde tyd opgedaag en sy het soortvan in die gang af beweeg en Jason geroep. Ek het vir Jason ʼn drankie aangebied, en hy het ‘ja’ gesê, en gaan sit. Sy het net herhaal ‘Jason, Jason’, en hy het opgestaan en uitgestap,” het Miller gesê.

Op ʼn vraag van adv. Graham van der Spuy, vir Rohde, of hy enige fisiese kontak tussen Susan en haar man in die kamer gesien het, het Miller geantwoord: “Nee, glad nie.”

Van der Spuy wou weet of hy kan onthou wat die atmosfeer in die kamer was in daardie stadium. “Dit was bietjie ongemaklik en almal het stilgebly, want hulle het nooit verwag dat Jason Rohde en Alterskye na die kamer toe sou kom ná spekulasie oor hul verhouding nie.”

Hy het aan die hof gesê hy het aan Rohde ʼn boodskap gestuur om te hoor of hy “oukei” is ná hy saam met sy vrou daar weg is. Hy het die volgende oggend om 07:00 ʼn reaksie gekry: “Drama, maar oukei.”

Die saak hervat Maandag, 13 Augustus.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

leser ·

Ek sê nog jy moet baie moed hê om jouself op te hang in omstandighede genoem
Elektriese koord om haar nek agter badkamer deur, waarop het sy gestaan om die draad oor die hakkie te kry
‘n enkel persoon gaan sukkel om iets om jou nek te sit en dan nog uit te rek om dit oor die hakkie te hak
Die hakkie is gemaak vir nagklere, handdoek, kamerjas, nie om die gewig van ‘ñ mens te kan dra nie

Magda ·

Stem volkome met jou saam… onverklaarbaar dat sy, Susan, sou selfmoord pleeg…

Freud ·

Mense het hulle self al in ‘n sittende posisie opgehang. Die tou moet net styf trek en die bloedstoevoer afsny.

Oujongvrou ·

Hierdie man gaan skotvry uitstap en sy lewe hervat. En tien teen een saam met sy skelmpie. Maar hy sal nooit weer geluk smaak nie. Blinde sambokke slaan hard.

Vrouedag ·

Daar moet n wet wees teen ontrouheid in huwelike. Dit moet strafbaar wees …..

Kobus ·

Wat sou ń gepaste straf wees? Lewenslank in ń liefdelose huwelik met ń yskoue vrou of emosielose man? Daar is menige mans en vroue wat hul lot in ń ongelukkige huwelik verduur ter wille van kinders of omrede daar geen ander heenkome is nie.
Nee wat, gun die ongelukkiges dit maar om nou en dan oor die draad te spring. Wat die oog nie sien nie maak die hart nie seer nie…

Henk du Toit ·

Nou wie is ons om te oordeel? Die feit dat Jason ‘n egbreker is maak nie van hom outomaties ‘n moordenaar nie en ook nie van Alterskye nie. “fiat justitia judex, non in eorum locum tenentes”- Laat die reg regspreek, nie leke nie. Wie die nuus gevolg het en objektief staan sal ook sien dat Susan Rhode erge emosionele uitbarstings gekry het. Vrouedag as jy sê daar moet n wet wees teen egbreek is jy nie so lekker op datum nie, Slaan asb na; Bybel;Tien gebooie en terwyl jy besig is Spreuke 29; Die vrou wie nie n man kon kry nie en toe tog getroud is. O wee manne, smaak Salomo en David kry nou erg hotagter, koes kerels!

Lynette ·

NADAT sy vrou dood aangetref is en n kollega vir hom n sms stuur om te vra of hy OK is, antwoord Rhode: “DRAMA, BUT OK”……!???? NET HIERDIE ANTWOORD SÊ ALLES. So, volgens hom, vind hy sy vrou se dooie liggaam gehang, en hy beskou dit net as n bietjie DRAMA in sy lewe?????

Kobus ·

As ek reg onthou het hy haar eers teen 8 uur in die badkamer aangetref. Die staat sal hom nie aangekla het as hulle nie seker van hul saak was nie. Alles dui daarop dat hy haar vermoor het maar daar is ń goeie kans dat hy onskuldig bevind kan word. Die staat moet moord “bo redelike twyfel” bewys en dit lyk asof daar twyfel kan wees, veral as dit ń moontlikheid is dat sy haarself gehang het. Maar hy het aan die oorledene broer erken dat hy haar dood gemaak het. Sy verduideliking was dat hy bedoel het sy ontrouheid het haar dood gemaak. Dit hang baie daarvan af of die regter hierdie verduideliking gaan aanvaar.

SNEL ·

Sê maar net, soos altyd aandag soek? Ken jy haar dat jy sê; soos altyd? Genade, as enige vrou se man hulle verneuk sal hulle plat teen die grond wees, maar aandag soek. Hierdie man het haar verneuk en verneder. So ver ek weet was hierdie by n werksfunksie en hy het daar ook met die ander vrou gevoeter. Wag n veneering vir n vrou. Duidelik het die man geen respek vir sy vrou gehad nie. Hierdie vrou se huwelik het uitmekaar geval a.g.v die man, maar ek glo sy sou kop gehou het. Dink nie iemand sal so iets doen om aandag te soek nie. Dink ook nie sy sou selfmoord pleeg omdat hy ontrou is nie. Glo sy het deur n moeilike tyd gegaan, maar sou vir haar kinders sterk gestaan het. Wat hier gebeur het sal net daai draadspringer weet, maar selfmoord, ek twyfel sterk en aandag soek beslis nie.

Elsa ·

Kobus, Wat se morele standaarde is dit om voor te stel dat ongelukkig getroude mense maar so nou en dan oor die draad kan spring? Is dit die voorbeeld waarmee sommige ouers deesdae hul kinders grootmaak? Egpare moet hul probleme met mekaar uitsorteer of skei voordat ‘n derde persoon betrek word of voordat iemand sterf, hetsy deur moord of selfmoord. Ek gaan my nie uitspreek oor die man se skuld of onskuld nie, maar ek hoop van harte dat die waarheid sal seëvier en dat reg en geregtigheid sal geskied.

hotti ·

ek het ook my vrou verneuk.eks geskei as gevolg van my optrede….eks glad nie trots op myself nie.eks baie spyt oor wat ek gedoen het..ek moet ook byse.ek was verlei en mislei deur die ander vrou…syt het netso veel skuld aan my huwelik wat verbrokkel het….die spreekwoord lui.die deler is net so goed soos die steler

Marinda ·

Kobus, ek is só dankbaar ek ken jou nie, want “if you want to be trusted, be honest”. Met jou uitgangspunt is daar sekerlik bittermin mense wat enigsins glo wat uit jou mond kom. En wat ñ eensame lewe moet dit nie wees nie…

Kobus ·

So mens glo net dit waarmee jy saamstem. Eerlike, maar ongewilde opinies word deur leuenaars gehuldig? Eerder ń eensame wêreld as ń klein wêreld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.