Oudkonstabel tronk toe vir student se moord

Studente het tydens Slender se vorige hofverskynings betoog. (Foto: ANA)

John Slender (40), ʼn voormalige konstabel verbonde aan die Soshanguve-polisiestasie, is Vrydag 20 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op ʼn student van die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT).

Katlego Monareng (26) is in Augustus 2018 doodgeskiet tydens gewelddadige studentebetogings op die TUT se Soshanguve-kampus. Tydens die betogings het die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) gesê die polisie is na die toneel ontbied nadat studente glo ʼn beampte gyselaar gehou en aangerand het.

Nagenoeg 200 studente het die ingang na die kampus versper toe die polisie dit wou binnegaan. In die daaropvolgende chaos is skote geskiet en Monareng is dood. Nog ʼn student is gewond.

Slender is van haar moord aangekla, asook van poging tot moord op die gewonde student.

Regter Peet Johnson het Slender in die Pretoriase hooggeregshof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Monareng en tot vyf jaar tronkstraf op die aanklag van poging tot moord.

Sontaga Seisa, Opod-woordvoerder, het gesê die hof het Slender ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

“Opod se bestuur wil die ondersoekspan, gelei deur Olebogeng Setlogelo, bedank vir hul harde werk om te verseker dat geregtigheid vir die slagoffers geskied en dat hul families berusting kan vind,” het Seisa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Ek dink daar is baie wat nie gesê is en na vore gekom het nie. Net my opinie, maar 200 oproerige studente is baie en versper n ingang. Hy wasn konstabel aan diens en het eintlik net sy werk gedoen. Ongelukke gebeur en die skoot het haar getref en dis nou jammer. Maar wat soek sy daar in elkgeval en as hulle nie so tekere gaan en oproerig was nie, sou dit nie nodig gewees het vir polisie om in te gryp nie. Selfs `n ander beampte is gyselaar gehou…. Eensydige saak soos dit vir my klink en lyk

Johan

ek lees ook nie dat die studente aangekla word nie, hulle is aandadig aan die een se dood

Manie

Hoe kan dit moord wees as dit ‘n gewelddadige betoging was? Was die polisie se lewens bedreig?Sekerlik het hy dit nie beplan nie? Ons ken nie die omstandighede nie, maar dit klink verdag.

Landi

En so beskerm hulle die agresiewe kriminele wat maar net ‘dood gewoon’ is volgens die onbevoegde BEE.

Pieter J

Ek dit is baie onregverdig om hierdie polisieman tronkstraf op te lê. Dit is hierdie soort van optrede wat veroorsaak dat die polisie net staan en toekyk terwyl betogers alles om hulle vernietig en afbrand. Die betogers is altyd oorweldigend in die meerderheid waardeur polisielede se lewens ernstig bedreig word. Iewers in ons regstelsel is iets nie reg nie.