Oudlanddros in die beskuldigingsbank

Argieffoto.

ʼn Voormalige landdros van Mpumalanga het Donderdag in die landdroshof in Nelspruit verskyn op aanklagte van bedrog van altesaam R5 miljoen.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê die 55-jarige vrou is in hegtenis geneem ná ʼn ondersoek van die Valke vasgestel het dat sy vervalste beslagleggingsbevele bedien het wat na bewering deur landroshowe in Nelspruit, Barberton, Malelane, Kabokweni en Tonga uitgereik is.

Sekgotodi sê die vrou het glo ʼn regsfirma geopen kort nadat sy haar amp as landdros verlaat het en toe die fiktiewe beslagleggingsbevele deur dié firma aan maatskappye bedien.

“Sy het na bewering by verskeie ondernemings skuld geëis namens ʼn klein onderneming wat lenings uitgegee het. Die vrou het glo administratiewe dokumente opgetrek en sogenaamde hofbevele met vervalste handtekeninge namens dié onderneming uitgereik. Dit het daartoe gelei dat sy talle onwettige betalings ontvang het,” sê sy.

Die vrou sal weer op 2 Julie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Geld is die wortel van alle kwaad. Sy het maar net gedink sy kan maar ‘n ekstra paar rantjies op die kantlyn maak. Dis mos maklik.

snoefie ·

gedink sy ken al die loopholes. toe raak sy verstrengel in een.

Veer ·

Lol Snoefie, jy slaan die spyker so op sy kop. Hoe ironies is hierdie nie, maar slim het beslis sy baas gevang.

bgj van der westhuizen ·

sy moet swaar gestraf word wand sy weet van beter en het self op die regs bank gesit gee swak naam vir dir regsbank

Faerie ·

JANEE en dit is die mense wat julle vertrou om ‘n REGVERDIGE oordeel te vel en mense tronk toe te stuur? Dink dit is maar net een wat uitgevang is, ek dink daar is nog baie. Die regstelsel is in sy peetjie in.

Annelize ·

Watter regstelsel? Die een wat uitgebuit en verkrag word vir eie gewin, en wat die mantel draai nes dit hulle pas?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.