Oudlanddros in hof oor ‘slenter’

Argieffoto

Magriet Botha (55), ʼn voormalige landdros wat tans as prokureur in Mbombela (Nelspruit) praktiseer, se saak gaan eersdaags na die hooggeregshof verwys word nadat sy in hegtenis geneem is op aanklagte van bedrog, korrupsie en vervalsing.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê Botha het Woensdag weer in die Nelspruit-streekhof verskyn, waarna die saak tot 22 November uitgestel is om na die hooggeregshof verwys te word.

“Botha is deur die Valke in hegtenis geneem nadat sy na bewering vals skuldbeslagorders geskep het wat glo deur verskeie landdroskantore, waaronder Nelspruit, Barberton, Malelane, Kabokweni en Tonga, uitgereik is,” het Sekgotodi gesê.

“Die verdagte het glo die stempels van dié landdroskantore vervals om op dokumentasie te gebruik.”

Botha het na bewering handtekeninge van slagoffers op die skuldbeslagorders nagemaak en dit aan werkgewers voorgelê wat dan geld van die slagoffers sou aftrek om in haar trustrekening in te betaal.

“Sy het na bewering in 2011 met dié streke begin en nagenoeg R5 miljoen van slagoffers gesteel,” het Sekgotodi bygevoeg.

Botha is ná haar eerste verskyning op waarskuwing vrygelaat op dié voorwaarde dat sy nie met enige van die getuies in verbinding mag tree nie. Sy moet ook die ondersoekbeampte in kennis stel voordat sy Nelspruit mag verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Speedguard ·

Waarom borg, sy was ‘n Landros, hoeveel mens het sy toegesluit en borg geweier ,wat ‘n skande, Sies man , julle laat ons eerlike mense pak kry vir julle swak optredes !!

Johnnie ·

Ai die geld hebsug wonder wie gaan haar verdedig seker maar nog n skelm prokureer.

CHRIS ·

die slagoffers het natuurlik nie eens die finansies om die skuld te kon betaal nie dis hoekom daar in die eerste plek dagvaardigings was, dan steel sy nog van hulle, wat n lae lak, gooi die sleutel ver weg

knorr ·

Baie swak artikel weer MM.
Wat het geword van onskuldig tot skuldig bewys.
Jul artikel lees so dat jul haar reeds skuldig bevind het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.