Oudlanddros in hof vir ‘slenter’

Argieffoto

Magriet Botha (55), ʼn afgetrede landdros wat tans as prokureur in Nelspruit praktiseer, het in die stad se streekhof verskyn nadat sy deur die Valke in hegtenis geneem is op aanklagte van bedrog, korrupsie en vervalsing.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het Vrydag gesê Botha is Donderdag deur die Valke se ondersoekeenheid vir ernstige kommersiële misdaad in hegtenis geneem.

“Botha het na bewering valse skuldbeslagorders geskep wat glo deur verskeie landdroskantore, waaronder Nelspruit, Barberton, Malelane, Kabokweni en Tonga, uitgereik is,” het Sekgotodi gesê.

“Die verdagte het glo die stempels van dié landdroskantore vervals om op dokumentasie te gebruik.”

Botha het vermoedelik handtekeninge van slagoffers op die skuldbeslagorders nagemaak en dit aan werkgewers voorgelê wat dan geld van die slagoffers sou aftrek om in haar trustrekening in te betaal.

“Sy het na bewering in 2011 met dié streke begin en nagenoeg R5 miljoen van slagoffers gesteel,” het Sekgotodi bygevoeg.

Botha is ná haar verskyning op waarskuwing vrygelaat op dié voorwaarde dat sy nie met enige van die getuies in verbinding mag tree nie. Sy moet ook die ondersoekbeampte in kennis stel voordat sy Nelspruit wil verlaat.

Die saak is tot 23 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek. Die valke het ʼn beroep gedoen op lede van die publiek wat moontlik slagoffers van Botha was, om ao. Mphephethe by 071 481 3295 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Cherokee ·

Dit is die teenoorgetelde van BEE. Blankes kan dit ook doen!

Eish ·

So n merrie! So ry hul die armes in hul peetjie. Gierigheid, die wortel van alle kwaad.
Agter menige ryke, staan n skare armes wat nog armer is. Hulle gaan so aangaan todat die armes bokkerol het om te eet, buiten dalk die rykes?

Koos1 ·

Dis nie ‘n slenter nie. Dis diefstal en bedrog. Noem tog ‘n graaf ‘n graaf! Geen borg geld nie en R5 mil gesteel????

M ·

Sies Magriet sies. Hoe kan jy wat jare op die bank gesit het by sulke dinge betrokke raak. Ek sal omverskoning vra indien jy onskuldig bevind word.

Danie ·

Magriet. Jy was in ‘n vertrouens pos en het dit misbruik. Dit is siek. Gelukkig is daar ‘n God van geregtigheid wat dit nie ongesiens sal laat verbygaan nie. Die wiel draai.

doris ·

As daar bewyse is dat sy so iets gedoen het sluit haar toe want dit is mense wat die publiek moet kan vertrou dan kom daar sulke lelike dinge te voorskyn.

Roelof ·

Hoekom sal sy nou toegesluit word? Die landros voor wie sy staan is heelmoontlik nog ‘n ou vriend of vriendin …

Kos vir gedagte me ….

SARIE VAN HEERDEN ·

Wat besiel enige regdenkende mens om soiets te doen? Ergste van alles is dat sy wat verteenwoordigend is van ‘n sekere groep mense in die land, ons almal in die skande gaan steek het want dit IS ‘n skande en vernederend teenoor ons almal wat in dieselfde groep as sy behoort. SIES.

Fires ·

Griet, met so ‘n CV kan jy kwalifiseer vir ‘n pos in die anc kabinet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.