Oudlanddros weer in hof vir bedrog

hof-hamer

Argieffoto.

Magriet Botha (55), ʼn voormalige landdros van Mbombela (Nelspruit), het Woensdag in die stad se streekhof verskyn op aanklagte wat verband hou met bedrog van nagenoeg R5 miljoen.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê Botha staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en vervalsing. Die saak is uitgestel tot 2 Julie.

Botha is ná haar eerste hofverskyning in Mei 2017 op waarskuwing vrygelaat op die voorwaarde dat sy nie met enige van die getuies in verbinding mag tree nie. Sy moet ook die ondersoekbeampte in kennis stel voordat sy Nelspruit mag verlaat.

“Botha is deur die Valke in hegtenis geneem nadat sy na bewering vals skuldbeslagorders geskep het wat glo deur verskeie landdroskantore, waaronder Nelspruit, Barberton, Malelane, Kabokweni en Tonga, uitgereik is,” het Sekgotodi gesê.

“Die verdagte het glo die stempels van dié landdroskantore vervals om op dokumentasie te gebruik.”

Botha het na bewering handtekeninge van slagoffers op die skuldbeslagorders nagemaak en dit aan werkgewers voorgelê wat dan geld van die slagoffers sou aftrek om in haar trustrekening in te betaal.

“Sy het na bewering in 2011 met dié streke begin en nagenoeg R5 miljoen van slagoffers gesteel,” het Sekgotodi bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mornay ·

n geleerde mens wat so iets aan vang en dink sy gaan weg kom Ai tog nee wat laat jy maar kom sit susster

se maar net ·

90% ADVOKATE EN PROKUREERS IS SKELM … HIERDIE EEN IS MAAR N DRUPPEL IN DIE EMMER WAT UITGEVANG IS

KG ·

Ek kan nooit verstaan hoe mense dink hulle gaan wegkom met so iets nie!

Meeste mense gaan mos agterkom geld word van hul salatis afgetrek wat hulle nie gemagtig het nie.

Nettie ·

En dít is nou die soort mens op wie ons moet vertrou om regverdige uitsprake te gee op kriminele sake …… Die regstelsel van SA STINK!!!!

Ore ·

Dit is bietjie kras om te veralgemeen,nie alle regslui is skelm nie.
My raad aan die arme dame is dat sy eers moes gaan “leer” om nie uitgevang te word nie,daar is baie goeie leermeesters in ons land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.