Oudleerder dalk vir rooftog by KZN-skool verantwoordelik

Agt mense is glo met ’n haelgeweer in die personeelkamer van die Lockhat High School in Osindisweni aangehou. (Foto: Facebook / Rusa)

Een van die mans wat agt mense na bewering met ’n haelgeweer in die personeelkamer van die Lockhat High School in Osindisweni aangehou het, is glo ’n oudleerder van dié KwaZulu-Natalse skool.

Die voorval het Woensdag omstreeks 09:45 plaasgevind.

Luidens ’n verklaring deur die veiligheidsmaatskappy Reaction Unit South Africa (Rusa) het twee mans die personeelkamer ingestorm en die personeellede met ’n haelgeweer aangehou. Toe die mans met handsakke, kontant en selfone gevlug het, het een van die rowers sy makker glo op die naam geroep.

“Onderwysers het toe besef dat hy ’n oudleerder van die skool is.”

Niemand is tydens die voorval beseer nie, hoewel ’n 51-jarige onderwyseres na ’n hospitaal geneem is nadat sy glo ’n angsaanval gehad het.

Die haelgeweer. (Foto: Facebook / Rusa)

Volgens Rusa, wat na die toneel ontbied is, het die mans skote afgevuur voordat hulle na ’n beboste gebied gevlug het. ’n Rusa-helikopter is ook ingespan om lugsteun in die soektog na die rowers te bied.

Reaksiebeamptes het glo inligting van ’n polisiebeampte by die King Shaka-lughawe ontvang dat een van die rowers by ’n huis in die omgewing wegkruip. Rusa is saam met polisiebeamptes na dié huis waar ’n 22-jarige man in hegtenis geneem is. Hy het glo onder die bed geskuil.

Luidens Rusa se verklaring het die man later tydens ondervraging erken dat hy en sy neef die rooftog uitgevoer het.

“Hy het ook gesê dat hulle die haelgeweer wat in die rooftog gebruik is in ’n bos weggegooi het nadat hulle besluit het om nie op die helikopter te skiet nie. Hy het verder verduidelik dat hy die wapen tydens die Julie 2021-onrus gesteel het nadat die eienaar van die haelgeweer glo in die Verulam-middestad geskiet is.

Die wapen en gesteelde handsakke is later in die bosse opgespoor. Die soektog na die tweede verdagte duur intussen voort.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gestuur en wag tans op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lillian ·

Ja nee, groot gemaak vir die tronk want lyfstraf is mos afgeskaf!

Misky ·

Geen trots en morele waardes nie. Produk van die ANC en die verval raak erger by die dag.

Buks ·

En die gebarsde loop? Dis dalk hoekom hy nie op die helikopter wou skiet nie..

Di ·

NEE – AL wat ‘n krimineel is kom oor die grens hierna toe want daar is NIKS meer oor in hulle eie land nie – In SA is ALMAL welkom, land van melk en heuning.

Di ·

Dis in hulle DNA en so GROOT GEMAAK! Jy kan nie ‘n luiperd se kolle verander nie.

Jakes ·

Ek is glad nie verbaas nie. SA is vrot van hierdie gewetenlose uitvaagsels wat misdaad as n stokperdjie beoefen. Voorheen benadeeldes is somtyds die etiket waaagter hulle skuil.

Swerwer ·

Wys maar net weereens ………………………………………….. opvoeding begin by geboorte. Dink aan die personeel wat aangehou was, moet baie traumaties wees.

Pietertjie ·

Kry hy nou ‘n A+ vir ondernemingsgees? Minus ‘n paar punte omdat hy uitgevang is?

Di ·

Ons eens “agtergeblewenes” floreer nou vooruit met misdaad nes hulle korrupte, skelm regering

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.