Oudlugmaghoof sterf

Lt.genl. Denis Earp. Foto: InCamera, SAAFM/Lt. Dave Knoesen

Lt.genl. Denis Earp, voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Lugmag en ʼn veteraan van die Koreaanse oorlog, is in die ouderdom van 88 oorlede.

“Dit is met groot hartseer dat die Suid-Afrikaanse Lugmag die dood van lt.genl. Earp moet aankondig,” het die lugmag in ʼn verklaring gesê. Luidens die verklaring is Earp Sondag omstreeks middernag oorlede.

“Ironies genoeg kom sy afsterwe nadat hy lugmaggedenkdienste by Bays Hill en die Smuts-huis bygewoon het.”

Earp is as vlieënier in Korea afgeskiet en vir 23 maande as krygsgevangene aangehou.

Sy weermagloopbaan het begin toe hy na skool op 1 April 1948 by die weermag aangesluit en in Mei 1950 met sy opleiding begin het.

Die Koreaanse oorlog tussen Noord- en Suid-Korea het op 25 Junie 1950 uitgebreek en Earp is op 24 Mei 1951 daar ontplooi. Hy is op 27 September 1951 afgeskiet en was vir 23 maande ʼn krygsgevangene voor hy vrygelaat is en op 11 September 1953 na Suid-Afrika teruggekeer het.

Earp het ʼn sleutelrol as veg- en helikoptervlieënier gespeel en was onder meer bevelvoerder van verskeie eskaders. Hy het ook talle rolle gehad as senior personeelbeampte wat verantwoordelik was vir lugdienste by die lugmag-hoofkwartier, waarna hy na die rang van lt.genl. bevorder en as hoof van die lugmag aangewys is, ’n posisie wat hy van 1984 tot 1988 beklee het.

Earp het ná sy aftrede steeds korporatiewe geleenthede en gedenkdienste van die lugmag bygewoon.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, genl. Solly Shoke, weermaghoof, en lt.genl. Zimpande Msimang, lugmaghoof, het hul medelye met Earp se familie en vriende uitgespreek.

ʼn Gedenkdiens vir Earp sal Maandag 27 Mei om 13:00 by die Swartkop-lugmagbasis in Valhalla, Centurion, gehou word. Begrafnisreëlings sal bekendgemaak word sodra dit gefinaliseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

m.d.r ·

Wonderlike man gewees. Maar ja, van hom kan mens ook se hy was een van ons mense wat die Yanks in Korea in hulle oorlog gehelp het. en soos die res van ons wittes ‘n skop onder die agterent van die Yanks in Angola en daarna gekry het.

Anoniem ·

Per aspera ad astra Generaal, dit was ‘n voorreg om saam met u te kon werk.

Boer-in-die-Wind ·

An officer and a gentleman. ‘n Man uit een stuk. Saluut.

Steven ·

Genl Earp was Hoof toe ek my diesnplig gedoen het. Die mees nederigste persoon wat daar was. Tsv die feit dat sy eie seuns in destydse oorlog omgekom het. ‘n Reus het omgeval. RIP

Boerboel ·

Rus in vrede Generaal. Jy het jou kant gebring . Sterkte aan die familie.

Beatrix ·

Goeie herinneringe aan my dae in die Lugmag en Generaal Earp se leierskap – rus en vrede aan die familie. U het die sterre bereik.

Leon S ·

Genl rus in vrede. Dit was n voorreg om saam met Genl en Genl Bob Rogers, Crawford ,EAC Pienaar, Boardman, by lugmag-hoofkwartier te werk

Heksie ·

Wat ‘n loopbaan!
Ek kan maar net droom daarvan!
Rus in Vrede Generaal!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.