Oudmin. Bathabile Dlamini se verhoor begin in November

Bathabile Dlamini, voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling (Foto: ANA)

Die saak teen die voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini, sal in November voortgesit word.

Die oudminister staan tereg op ʼn aanklag van meineed.

Landdros Betty Khumalo het Vrydag besware deur Dlamini se regspan in die Johannesburgse landdroshof – onder meer teen die feit dat die Valke die ondersoek hanteer en die saak in die streekhof op die rol geplaas is – van die hand gewys.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die staat het aangevoer hy skryf nie aan die polisie voor wie ʼn spesifieke klagte moet ondersoek nie en dat die NVG die reg het om te besluit waar hy ʼn saak op die rol wil laat plaas.

Die saak teen Dlamini sal nou op 24 November vir verhoor hervat word.

Die aanklag teen Dlamini hou verband met haar getuienis tydens ʼn ondersoek wat gelas is deur die Konstitusionele Hof wat ondersoek ingestel het na Dlamini se rol in die sogenaamde maatskapliketoelaekrisis van 2017.

Daar is destyds bevind die minister het nie net haar plig versaak nie, maar het ook versuim om bepaalde inligting aan die hof bekend te maak weens vrees dat sy in haar persoonlike hoedanigheid vir die krisis aanspreeklik gehou kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

33 Kommentare

jongste oudste gewildste
casper

Aag — dit is net nog oe verblindery __Niemand gaan tronk toe nie !!!

SomeOne

daardie funny staar van, “wat gaan aan”, in haar gesig, is meer as genoeg om haar onbekwaamheid te weerspiël

Nie Verbaas

Kon nie n beter foto geplaas het nie. Dit spreek boekdele!

Anton

Verhore, kommissies, siek briewe….
Wannee gaan iemand tronk toe en bly in die tronk

Kokerboom

Duidelikhet die kader ‘n “gaan vlieg ek is ontasbaar” uitdrukking op haar gesig!!!