Oudminister Des van Rooyen Dinsdag voor Zondo-kommissie

Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie. (Skermgreep: eNCA)

Die voormalige minister van finansies, Des van Rooyen, gaan na verwagting Dinsdag voor die kommissie wat staatskaping ondersoek getuig. Sy regspan het adjunk- hoofregter Raymond Zondo egter gevra om eers vir Lungisa Fuzile, voormalige direkteur-generaal van die nasionale tesourie, onder kruisondervraging te neem.

Adv. Thabani Masuku, namens Van Rooyen, het aangevoer dit is onbillik om te verwag dat Van Rooyen voor die kommissie getuig voordat hulle die geleentheid gehad het om Fuzile te kruisondervra.

Van Rooyen was in Desember 2015 vir ʼn skamele vier dae lank Suid-Afrika se minister van finansies voor hy die trekpas gekry het en deur Pravin Gordhan – deesdae die minister van openbare ondernemings – vervang is. Verskeie mense – ook Fuzile – wat reeds voor die kommissie getuig het, het Van Rooyen by bewerings van staatskaping betrek.

Fuzile het 2018 in sy getuienis aan die kommissie gesê Van Rooyen het hom na ʼn vergadering ontbied waar hy na bewering gevra is om die Gupta-adviseurs, Ian Whitley en Mohamed Bobat, aan te stel. Volgens Fuzile was Van Rooyen self nie seker wat die twee se rolle sou wees nie.

Fuzile het destyds ook aan die kommissie gesê hy is daarna deur Enoch Godongwana, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, ingelig dat “’n Gupta-minister” aangestel sou word om by Nhlanhla Nene oor te neem as minister van finansies en dat hy met twee Gupta-vennote by die tesourie sou arriveer.

Fuzile het ook beweer Bobat het enkele dae nadat Van Rooyen in die amp aangestel is geheime kabinetsinligting bekend gemaak – ʼn voorlegging wat deur die tesourie saamgestel is oor ʼn omdraaistrategie vir die ekonomie.

Van Rooyen het ná Fuzile se getuienis aansoek gedoen om hom te kruisondervra om dié bewerings te betwis.

Zondo het ingestem dat Fuzile wél onder kruisondervraging geneem kan word voordat Van Rooyen getuig.

Die verrigtinge word binnekort met Fuzile se kruisondervraging hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kokerboom ·

Dis ‘n skande, uiters optimisties en voorbarig om die titel van Min van Finansies aan die patetiese kader te hang!!!

JohanR ·

Nog ‘n ANC grap. Seker die korste tyd wat enige persoon ooit spandeer het as minister van finansies in enige land. Vrydag windgat ingeloop by die tesourie, vergesel deur twee Gupta agente, en Maandag more was hy EX minister van financies…..en daar is ou Des van Rooyen die WEEKEND SPECIAL! Ek dink die rand het soe R2 of R3 sommer in drie dae verloor, en baie baie geld van die aandelebeurs uit gevee! Zuma kon nie eers tel nie, soe hoe sou hy geweet het wat met die rand en die aandelebeurs sou gebeur?

marius ·

Wie van die spul is vervolg zonde ? Nie een nie , en daar sal ook nie . Van onder tot ‘n hoop oneerbare mislukkings . ALMAL .

Thinus ·

Nog ‘n kommisie op n ander kommissie en niks gebeur nie. het nog nie gehoor van iemand wat tronk toe gaan nie. Wie flous nou vir wie? Die regering is besig om die land in die afgrond in te regeer en die kommissie maar net nog ‘n oë verblindery en dieselfde as die sogenaamde kommissie wat tender bedrog gaan ondersoek. Die een jakkals lui die ander jakkals en agteraf lag hulle lekker saam terwyl die land voort geplunder word en daar niks daaromtrent gedoen word nie. Die ongeskoolde persoon se IK word geskat op minder as 70% en dit gaan ook ongesiens by hulle verby en dus hoekom die kader so lekker kan plunder terwyl daar vir die ongeskooldes die maan son en sterre belowe word.

Prikkie ·

Nou waar kan ons ‘n “lewendige” uitsending van die sirkus beskou?

Danie ·

Nie meer lank nie dan trek die Zondo rekening by 1000 Miljoen Rand.
Niks sal hiervan kom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.