Keith Khoza, die ANC woordvoerder, het die voorval op sy Facebook-blad bekendgemaak. “Wees dringend op die uitkyk vir drie swart mans, almal gewapen, wat pas ʼn blou Porsche Panamera in Rooihuiskraal, Centurion, gekaap het. Die persoon wat beroof is, is genl. Siphiwe ‘Gebhuza’ Nyanda. Die verdagtes het die Johannesburg-roete geneem,” het hy geskryf.
Kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, het die kaping bevestig en gesê die motor is later naby die plek waar dit gekaap is, opgespoor. Volgens Kweza het Nyanda nie seergekry nie.
Nyanda het vir ʼn kort rukkie van 2009 tot 2010 as minister van kommunikasie gedien. Hy is in hierdie tyd gekap oor sy “luukse voorkeure” nadat dit aan die lig gekom het dat hy in ʼn luukse hotel in Kaapstad tuisgaan eerder as in die ministeriële huis wat verskaf word.
Dis verstommend hoeveel die ou minister moet verdien om n Porsche te ry…….
Nuwe SA ou maat kry vir jou
Die Groot Boek sê ons moenie schadenfreude hê nie.
Maar dis moeilik, ek sê vir jou.
Ai, minister. Dis vreeslik. Innige simpatie.
“… die motor is naby die plek waar dit gekaap is gekry. ”
mmmmm.
Welkom in die misdaadnes. Dis goed as sulke goed met julle ook gebeur dan weet julle hoe voel ons gewone mense.
Reken nogal die ANC woordvoerder skroom nie om te kenne te gee dat dit drie SWART mans was nie, ag hoekom krul my tone nou so?
toe “hulle” aan bewind gekom het, was hulle dadelik sag oor misdaad, met die veronderstelling en verskuilde plan dat die misdadigers die wit rykes sou target en dat die wit rykes dan so vir apartheid teruggekry sou word. Nou word die ryk swartes ook getarget…
Ennnn, moet tog nie die “genl” mis kyk nie. Was dit maar net nog iemand wat beroof is van sy voertuig, sou dit nie eers genoem gewees het nie, maar omdat hy `n “genl” was, word dit seker gemaak niemand kyk dit mis nie. Ai ja jai, welkom man, welkom.
Gaan hulle hul self nou aankla van rasisme. Hulle verwys dan na SWART mans!!!
Dankie minister nou kom jy in voeling met die regte misdaad wat ons elke dag moet trotseer en joernaliste van maroela media leer by die oud minister hoe om beskrywings van verdagte persone weer te gee wie sou nou gedink het dit was swart mans in ‘n porche
Generaal Siphiwe Nyanda is die persoon wat die brief onderteken het waarin ‘n aantal oud-bevelfoerders van Umkhonto we Sizwe aandring dat ‘n spesiale nasionale kongres deur die ANC belê word waarop “‘n nuwe leierskorps vir die ANC verkies moet word” (lees JZ uitgeskop moet word). Die brief is Sondag aan die ANC orhandig tydens hul NEC-vergadering en drie dae later word hy gekaap. Dit laat ‘n mens wonder.
LEKKER MAN LEKKER!!!!!!!
Waarom word die ras van die verdagtes nou bekend gemaak maar met die UCT verkragtings het die media/universiteit/polisie daaroor geswyg? Is dit dalk omdat die slagoffer nou swart is of omdat dit ‘n vorige minister is?
Ek het ooit in my lewe ook n Porche gehad okay dit was maar n Matchbox porche en ek sal nooit n regte een kan bekostig nie.
Hoeveel mense in SA ly honger en kry swaar en daar word nie oor gerep nie en die ou se duur kar word gekaap en haal die media, hou op met sulke verhale want ek word naar,wonder wat is belangriker die gekaapte kar of al die ellende in SA.
In die veiligheids kompleks waar ek woon ry daar meer mosadis met Porsches as Mevrouens met BNW ‘s
Die Nouveau Riche……
Dit gaan maar lekker rof in Rooihuiskraal en The Reeds met misdaad. Dit is net langs Oliewenhoudsbos…
O OK. En dit is nuus? Ek hoop ek doen die naweek beter op Superbru as die laaste twee.