Oudminister in hof oor ‘bedrog, geldwassery’

Sbu Ndebele, voormalige minister van vervoer. Foto: Flickr/GovernmentZA

Sbu Ndebele, voormalige minister van vervoer. Foto: Flickr/GovernmentZA

Sbu Ndebele, voormalige minister van vervoer, sal vandag saam met vier medebeskuldigdes in die hooggeregshof in Pretoria verskyn op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery.

Ndebele word daarvan beskuldig dat hy meer as R10 miljoen omkoopgeld aanvaar het wat verband hou met verlenging van die multi-miljard rand kontrak vir die eNatis nasionale voertuigregistrasieprojek.

Ndebele het in Desember verlede jaar in die handelsmisdaadhof in Durban verskyn in verband met dieselfde aanklagte. Hy is toe op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), wou destyds nie die presiese bedrag bekendmaak wat glo betrokke was nie, omdat hy nie “die saak wou benadeel nie”.

Die saak is uitgestel sodat Ndebele in Pretoria by sy medebeskuldigdes kan aansluit vir die volgende hofverskyning. Die ander beskuldigdes in die saak is George Mahlalela, voormalige direkteur-generaal van die departement van vervoer, Zakhele Thwala, Sibusiso Justin Ncube en Tebogo Mphuti. Hulle is almal op borgtog van R10 000 elk vrygelaat.

Al die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.

Drie maatskappye – MSRD (Pty) Ltd, Brand Partners en Sinosa Construction – word in verband met die saak ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Besorg ·

En so kan 9 uit 10 ANC ministers maar ondersoek word. Regeer net om te kan steel. Nie daar in belang van die publiek nie. No 1 is ‘n goeie voorbeeld.

Cherokee ·

Dit is korrup om te sê 1 uit 10 ANC ministers hoef nie ondersoek te word nie. Geen rede om te aanvaar dat daar 10% eerlikes is nie.

Anel ·

Ja, en ons betaal elke jaar R36.00 ekstra op ons lisensies. Glo admin fooi maar dit is om enatis te finansier!

Theresa B ·

Ja nee – So draai die een na die ander in die Hof nadat hulle aangekla word vir “selfhelp”.
Maar wat wou – hulle stap net anderkant uit met ‘n smile en gaan aan met hulle “harde werk”. Dis ‘n sirkus en ek skaam my dood om te sê ek is ‘n Suid-Afrikaner.

Willie ·

Ek stem volhartig saam, dis asof korupsie n staats graad is…

Karma ·

En so gaan julle nou sien, word die een na die ander minister, eks-minister of aangesiende ANC-kader ewe skielik ondersoek en deur die Valke aangekla en deur die NVG vervolg. Hulle is die marionette wat eers die Groot Nar, Nummawan, se doeleindes gedien het. Noudat die faksies binne die ANC teen mekaar draai, word die rolspelers in Nummawan se teenstanderskamp een na die ander geëlimineer.

Theresa ·

Wat sê jul, laat die amptenare van die afgelope 22 jaar wat NIE bedrog, korrupsie of dergelike gepleeg het nie een ry vorm en die wat die WEL al gedoen het ‘n ander ry.
Raai watter ry gaan die langste wees?
Banaal.

Speedguard ·

Ja -Nee , die bestuurs lisensie kaarte is na bewering ook Shabir en Kie se truuk een van die groot direkteure van Prodiba wat die kaart prosseseer en vervaardag !

Cherokee ·

Julle beskuldig altyd die regering van korrupsie. Netnou gaan julle nog sê dat die staatspresident ook korrup is.

Alida ·

Cherokee, jy is baie snaaks. No 1 is mos onskuldig of hoe sê ek.

Jan maak n Plan ·

Ja hy was suinig en wou nie met die maatjies deel nie, toe laat hulle hom maar vang.
Proudly weer South Africa.

Tammy ·

Hoe lekker kry ek nou. Gaan sit in die tronk!!!! Dis waar al julle agterbakse skelms hoort.

Georgie ·

Nee ek glo nie hy en sy maatjies gaan eers die binnekant van n tronksel sien nie…

Alida ·

Wel wel, noudat hulle hul agterente gesien het met die verkiesing sal die DA sorg dat die skelms een vir een geidentifiseer word. Lekker man. Hoekom is niemand verbaas nie?

DOMPedro ·

Hy het so pas gekwalifiseer om by Pravin Gordan oor te neem

Johann vn Cullinan ·

Zuma moet ook sommer toegesluit word. Soos Anel genoem het, ons betaal R36 per lisensie. Al vir jare en dit gaan nooit stop nie. Daar is so veel bedrog. Dit is egter ‘n goeie ding dat die korrupte parlementslede se skelm sake uitkom. So kan die wêreld sien wie is aan die stuur van die land. Hulle wat so teen SA was voor 1994.

FRED ·

AG, VERTEL MY VAN IETS WAT EK NIE WEET NIE. GEENSINS VERBAAS NIE – DAAR IS NOG MEER OM TE KOM – WAG – DIT KOM SO EEN VIR EEN. MAAR WAT GEBEUR DAARNA – ABSOLUUT NIKS

CHEROKEE, BOBBO – EK HET LEKKER GELAG – SO WAAR.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.