Oudminister in hof oor ‘miljoene se bedrog’

Sibusiso Ndebele. Foto: www.timeslive.co.za

Sibusiso Ndebele. Foto: www.timeslive.co.za

ʼn Voormalige minister het in die Durbanse handelshof verskyn op aanklagte van bedrog en korrupsie.

Die aanklagte spruit voort uit beweerde omkoopgeld ter waarde van R10 miljoen wat Sibusiso (S’bu) Ndebele na bewering ontvang het. Ndebele was minister van vervoer tussen 2009 en 2012, waarna hy tussen 2012 en 2014 as minister van korrektiewe dienste gedien het.

Adv. Luyuyo Mfako, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het bevestig Ndebele is Dinsdag op borgtog van R10 000 vrygelaat. Hy was nie bereid om enige besonderhede oor die aanklagte teen Ndebele bekend te maak nie, “omdat dit die ondersoek in die wiele kan ry”.

Ndebele se verhoor is tot 20 Julie 2016 uitgestel, wanneer hy in die Pretoria-streekhof sal verskyn.

Volgens Mfaku sal “Ndebele saam met die voormalige direkteur-generaal van die departement van vervoer, George Mahlalela, Zakhele Thwala, Sibusiso Justin Ncube en Tebogo Mphuti tereg staan”.

Die ander vier beskuldigdes is Maandag in die Pretoria-streekshof op borgtog van R10 000 vrygelaat. Hulle staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery, wat verband hou met beweerde verdagte transaksies van MSRD (Pty Ltd.), Brand Partners en Sinosa Construction.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Aster ·

Geen wonder dit gaan so beroerd met ons land nie. Ry lekker op die “gravy train” en die res van ons moet af chop! Hulle moet sommer intense ondersoeke doen op al die ministers, daars baie van hulle wat ons geld steel!

Pieter Redelinghuys ·

Wat my die meeste bekommer is, die feit, dat daar op n daaglikse basis bedrog gepleeg word en geld vloei uit bankrekeninge, HOE IS DIT MOONTLIK !!!!!!!! waar is die Debiteure en Krediteure wat sien wat daagliks aangaan en hoe transaksies oorweldig word, ken hulle nie hulle werk nie ?????? of skep hulle ook en hoop die saak word nie later oopgevlek nie, WAAR IS DIE OPREGTE MENS HEEN ?????????????????????????????????

GES ·

Gedink hy kan steel en wegkom. Die gereg se arm is toe langer as hy gedink het. Nou kan hy sy verbintenis met die korrektiewe dienste as ‘n “in-mate” voortsit.

SNEL ·

Dit sal makliker wees om die een (as daar ooit een is, ek betwyfel dit sterk) wat nie bedrog pleeg nie se naam bekend te maak as die wat skuldig is.

Tommie ·

Hulle almal is die selfde, van presedent tot burgermeester. I want, dis mos hulle lese

Ouman ·

Shame die arme drommel is uitgevang – sy geliefde president en trawante steel nog eenstryk deur. Zumpie sal seker toutjies trek om hom los te kry.Jakob het beheer oor die NPA

Johann Marx ·

As iemand my R10 miljoen in 2009 gegee het, sou ek ook nou om verskoning gevra het, en sy R10 miljoen dadelik terug gegee het….sonder rente.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.