Oudminister ontken bewerings oor Stompie

Sydney Mufamadi, voormalige kabinetsminister, tydens ‘n mediakonferensie in Johannesburg. Foto: ANA

Sydney Mufamadi, voormalige kabinetsminister, het ontken dat hy die destydse spesiale veiligheidseenheid genader het om die ondersoek na die moord op Stompie Seipei te heropen.

Dié bewering word gemaak in Winnie, die dokumentêre program oor wyle Winnie Madikizela-Mandela se onstuimige lewe. In die dokumentêr vertel Henk Heslinga, die destydse hoof van die moord-en-roof-eenheid, dat Mufamadi, wat destyds minister van veiligheid en sekuriteit was, hom in 1995 genader het om die ondersoek weer te heropen.

Mufamadi het in reaksie hierop gesê om ʼn ondersoek weer te laat open is die verantwoordelikheid van ʼn polisiekommissaris en nie dié van ʼn minister nie. “As ʼn senior beampte het Heslinga van beter geweet. En hoekom sal ek vir hom sê ek is ʼn lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee? Hoekom sou dit vir hom relevant wees?” het Mufamadi gevra.

Hy het gesê die polisie het ook nie ʼn “slush fund” gehad soos Heslinga beweer het nie.

Die bekroonde dokumentêr is ná Madikizela-Mandela se dood vir die eerste keer uitgesaai. Dit het opslae veroorsaak toe daar in die dokumentêr beweer is dat daar glo ʼn propaganda-plan beraam is deur mense binne die ANC, apartheidsregeringsleiers en joernaliste om Madikizela-Mandela polities te verswak.

Mufamadi het Pascale Lamche, die vervaardiger van die dokumentêr, gekritiseer omdat hy nie ʼn kans gegun is om op die bewerings te reageer nie. “Hulle sê dit is ʼn bekroonde dokumentêr. Ek wonder of die mense wat die toekennings uitdeel die kwessie van etiek ook in ag neem. Mense teen wie hierdie skokkende bewerings gemaak word, is lewend en beskikbaar. Hulle is geregtig daarop om hul weergawes te gee.”

Hy het gesê Madikizela-Mandela was nie die enigste ANC-leier wat voor die Waarheids-en-Versoeningskommissie verskyn het nie. Verskeie ander, insluitend hyself, het ook verskyn in verband met die ontvoering van ʼn polisiebeampte tydens die apartheidsjare.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ja hoor ·

Ja o hel en binnekort gaan julle ook die SOKKERSPAN as onwaar afmaak en daarna die wittes beskuldig dat hulle stories opgemaak het oor die brandende bande oftewel necklace moordenaars, want julle wil mos nou die Kaapstadse Lughawe na koningin Winnie vernoem nou moet julle eers haar naam skoonmaak voordat sy VERDER vereer kan word.

Nettie ·

Ek het dan verstaan dat lughawens nie meer na individuele persone gaan/mag hernoem word nie? Dis dan eerstens hoekom DF Malan na Kaapstad Internasionaal hernoem is. Ek praat natuurlik nie van Jan Smuts wat Johannesburg Internasionaal en toe OR Tambo geraak het nie. En ook nie King Shaka in Durban nie – ons weet mos die druiwesap het skoon Vaal Japie geword soos dit daar deurgeloop het …..

Lollie ·

Al is hierdie bewerings waar van Mufamadi, sy was skuldig en moes aan die pen ry. Nou dat sy dood is wil hulle weer in die argiewe krap! Magtig al was sy ń koningin of wat ookal gaan hulle darem net te erg aan. Sy het foute gehad nes baie ander en was glad nie ń engeltjie nie! Benoem maar die lughawe na haar want al wanneer jy erkenning kry vir iets of president of iets word in die land is wanneer jy ń krimenele rekord het.
Hoe langer of erger die rekord hoe groter die status! Dit is al deur en deur bewys!

christo ·

Ek wonder net wanneer word daar gevra dat sy as n heilige verklaar moet word

Oom Kalahari ·

Ja Minister, dit is maar ‘n instelling dat ontkenning altyd die eerste opsie is. Misdaad bendes floreer daarop en hoe groter die misdaad des groter die erkenning en toekennings met medaljes en ere toekennings. Eerlikheid, respek en opregtheid is nie ‘n skoolvlak vak wat jy moet aanleer nie, maar iets waarmee jy gebore is en mee groot word. Wanneer jou aardse tyd verstryk het, dan begin jou beoordeling by die ware Regter.

Wolf ·

Nog n ondersoek is n mors van geld. Bou liewers vir die armes (Swart en wit) huise daarmee. Kan iemand vir my se hoeveel swart behuising en kleurling behuising al gebou is teenoor arm blanke behuising?

Theresa ·

BAIE goeie vraag. Sal iemand kan antwoord?

En ja, soos wat “beauty in the eye of the beholder” is, moet elkeen maar besluit of dié vrou die helde verening waardig is. Strooihalms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.