Oudminister probeer glo Eskom-ondersoek stuit

Oudpres. Jacob Zuma en Bongani Bongo toe Bongo as minister van staatsveiligheid ingesweer is (Foto: GCIS)

Bongani Bongo, oudminister en lid van die parlement, word aangekla van bedrog, nadat hy glo die werking van ʼn parlementêre kommissie van ondersoek na ongerymdhede by Eskom probeer beduiwel het.

Hy is Donderdagoggend vroeg deur die Valke in Kaapstad in hegtenis geneem. Bongo (41) was minister van staatsveiligheid in oudpres. Jacob Zuma se kabinet en is in Julie vanjaar as voorsitter van die portefeuljekomitee oor binnelandse sake aangewys.

Daar word nou beweer dat Bongo op 10 Oktober 2017 probeer het om verrigtinge tydens ʼn parlementêre kommissie se ondersoek na ongerymdhede by Eskom te ontspoor. Dit het hy glo gedoen deur ʼn advokaat wat getuienis namens die kommissie gelei het, te probeer omkoop om siekteverlof te neem op die dag wat die kommissie weer sou hervat. Volgens inligting tot die Valke se beskikking het Bongo die advokaat soveel omkoopgeld as wat hy wou hê, aangebied. Die advokaat het onmiddellik sy seniors ingelig, wat gelei het tot die Valke se ondersoek.

Bongo het vanoggend in die hof verskyn en die saak teen hom is uitgestel tot 31 Januarie 2020. Hy is borgtog van R5 000 toegestaan. Hy moet ook aan streng borgtogvoorwaardes voldoen, soos dat hy nie met getuies mag inmeng nie en dat hy die ondersoekbeampte twee weke kennis moet gee voor hy enige oorsese reise onderneem.

AfriForum het Bongo se inhegtenisneming verwelkom en gesê dit is ʼn stap in die regte rigting. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) moet egter verantwoordelik gehou word om te keer dat ANC-kaders in die NVG hul invloed uitoefen om korrupte amptenare teen geregtigheid te beskerm,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

“Ons hoop dat geregtigheid sal geskied en dat die NVG hom sonder vrees, guns en vooroordeel sal vervolg,” sluit Cameron af.

In ʼn verklaring Donderdag sê die DA hulle het óók destyds ʼn klag teen Bongo ingedien en dat sy beweerde optrede ʼn gruwelike oortreding van die wet en sy eed as minister was. “Bongo is een van baie voetsoldate van staatskaping wat aktief deelgeneem het in die verkoop van ons land. Ons hoop hy is die eerste van baie wat hiervoor vervolg word,” lui die DA se verklaring.

Die ANC het kennis geneem van Bongo se inhegtenisneming en gesê hulle gaan nie kommentaar lewer oor die aantygings teen hom nie, omdat hulle die reg sy gang wil laat gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Stiksiende ·

Nie een van hulle is op borgtog nie, wat beteken die aanklagte teen almal van hulle dra geen gewig nie. Nie eers die staatskapingspoppemeeater Jacob Zuma is op borg nie.

Gertjie ·

Maar, Stiksiende (dit is mos jy?), die berig beweer dan dat Bongo op R5000 borgtog is.

skurweberg ·

Die belastingbetalers sal eers opgewonde raak oor hierdie nuus, wanneer hulle agter tralies sit. Groot en klein rolspelers.

Pieter ·

Ja en more trek hulle weer die saak terug ken al die storie

Suid-Afrikaner ·

Sluit toe. Tronk moet in Moordenaarskaroo oopgemaak word. Slaan tente op en puttoilette.

JohanR ·

Zuma aan Bongo “die Gupta’s wil jou bank rekening besondering he asseblief”. You just cannot fix stupid!!!

hercu ·

“Die mens wat verkeerd doen, maak slim planne teen die mens wat reg doen, hy wil hom laat sterf. Maar die Here lag vir die mense wat verkeerd doen, want Hy weet wat met hulle sal gebeur. Die mense wat verkeerd doen, vat die swaard en hulle trek die boog styf, hulle wil die mense doodmaak wat hulleself nie kan beskerm nie en wat niks het nie, hulle wil die mense vermoor wat eerlik lewe.

Maar hulle swaard sal deur hulle eie hart steek, en hulle boog sal stukkend breek. Wanneer die mens wat reg lewe, min het, dan is dit beter as die baie dinge wat die mense het wat verkeerd doen, want die Here sal die mense wat verkeerd doen, swak laat word, maar Hy beskerm die mense wat reg doen. Die Here sorg altyd vir mense wat net goed doen, en die land sal altyd hulle land wees” – Ps 37:12‭-‬18

Die Waarheid ·

Wow ! – Een ou …………………………. wat gearresteer word . Laat my werklik wonder ofas die stelsel werkbaar en regverdig is .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.