
Sbu Ndebele, voormalige minister van vervoer, en Linda Dube, sy regsverteenwoordiger, buite die hof. Foto: Brenda Masilela/ANA
Die saak teen Ndebele en sy vier medebeskuldigdes, George Mahlalela, voormalige direkteur-generaal van die departement van vervoer, Zakhele Thwala, Sibusiso Justin Ncube en Tebogo Mphuti, is egter net uitgestel tot 30 Maart 2017. Al vier staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.
Die verdediging en die staat het vandag ooreengekom om die saak uit te stel, aangesien nog twee kwessies afgehandel moet word. Een van die beskuldigdes bevraagteken die wettigheid van die lasbrief wat gebruik is om sy huis te deursoek. Hierdie saak moet nog in die hooggeregshof in Durban aangehoor word. Die tweede kwessie is Thwala se versoek om van regsverteenwoordiger te verander en hy wag nog vir ʼn reaksie van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).
Ndebele, wat vroeër op borgtog van R10 000 vrygelaat is, het in Oktober as Suid-Afrika se hoë kommissaris in Australië bedank. Ndebele staan tereg op 15 aanklagte. Hy het na bewering R10 miljoen se omkoopgeld van Tasima aanvaar terwyl hy minister van vervoer was. Tasima word gekontrakteer om die elektorniese eNatis-lisensiestelsel te bestuur.
Die staat beweer Ndebele het die omkoopgeld ontvang om die maatskappy se kontrak van meer as R2 miljard onregmatig te verleng.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Toe eNatis ongeveer 6 jr. gelede ineengestort het en die geld opgeraak het, het die Dept. Van Vervoer ‘n eenmalige heffing ( transaksie fooi) van R30-00 op alle nuwe lisensies en hernude lisensies gehef. Dit sou net een jaar geskied. Dit is nooit opgehef nie en duur nou al sowat 6 jaar . Sedertdien is die bedrag stilweg na R36-00 verhoog, miljoene word onregmatig gehef en geen haan kraai daaroor nie. Adv. Anton Alberts het my lank gelede verseker dat hy die bovermelde Minister hieroor sal uitvra. Daar het natuurlik dadels van gekom! Nou peul die wurms uit die blik!… Lees meer »
Skandes op skandes !
Julle verstaan dinge verkeerd. Die wette is net vir ons gewone mense bedoel. ANC kaders kan doen wat hul wil.
Ag tog die saak gaan haaaang vir jare
So word die lys van ministers wat steel net langer en langer. Zuma stel die voorbeeld en die res vog hom slaafs na. Wanneer gaan die gans wat die goue eiers le vrek?