Bongani Bongo, oudminister van staatsveiligheid en ANC-LP, het Donderdagoggend vlugtig in die Kaapstad-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie, nadat hy vroegoggend in hegtenis geneem is.
Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het aan Maroela Media gesê Bongo is vanoggend op borgtog van R5 000 vrygelaat op voorwaarde dat hy nie kontak maak met staatsgetuies nie.
Bongo sal weer op 31 Januarie 2020 in die hof verskyn.
Bongo was gedurende voormalige pres. Jacob Zuma se termyn aan die stuur van die land se staatsveiligheid en het tot vroeg verlede jaar dié amp beklee. Hy is in Julie vanjaar as voorsitter van die portefeuljekomitee oor binnelandse sake aangewys.
Dié LP was vantevore in die sop nadat hy in 2017 daarvan beskuldig is dat hy die voorsitter van ʼn parlementêre ondersoek oor staatskaping by Eskom wou omkoop.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Die ANC trein is nou sonder remme op n afdraande ashoop toe. Daar is nie meer geld vir remskoene nie. Van die drywer tot die mannetjie in die agterste koets het nie n benul nie. Maar die beste is die passasiers is opad saam. Geen remme ……
Welgedaan Valke!!!
Hy moes agter tralies gehou word … om te voorkom dat sleutel getuies …!
Hou hom fyn dop! 24/7
Nou hkm weer n posisie beklee terwyl hy in die tronk moet sit.
Dit sal nooit verander nie
Wonder hoe het hy sy uiters geheime sekerheidsklaring geslaag ?
Een ding is seker, vandag se Dienste kan nie vergelyk word met die Dienste van des dese nie, toe was daar nog “intelligensie”.