Oudpolisiebeampte, 2 ander skuldig aan student se ontvoering

Argieffoto

’n Voormalige polisiebeampte en twee ander mense is in die Bloemfonteinse streekhof skuldig bevind op aanklagte van ontvoering en poging tot dwelmhandel.

Dít nadat hulle in 2016 ’n chemiestudent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) gedwing het om hulle te help om dwelms te vervaardig. Die student is destyds teen sy wil in ’n huis aangehou waar die dwelms vervaardig is. Die student kon later daarin slaag om uit die huis te ontsnap en die voorval by die polisie aan te meld.

Kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke, sê ’n klopjag is kort daarna by die betrokke huis uitgevoer waar die 29-jarige Moleboheng Precious Mohasoa, voorheen verbonde aan die polisie se eenheid vir beskerming en beveiliging (PSS), Innocent Paki Kompi (31) en Napo Moses Mahasoa (33) in hegtenis geneem is.

Daar is ook destyds op dwelms beslag gelê wat in ’n kluis in die huis versteek was.

Mohasoa, Kompi en Mahasoa sal na verwagting op 22 Februarie gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Maggies ·

Waarom so lank na inhegtenis neming? Ek kan dit glad nie verstaan nie. Al die bewyse was dan dáár.

Roedolf Johannes ·

Doodstraf is die oplossing.Hoekom iemand wat ander mense se lewens verwoes en dood maak aan die lewe hou op belasting betalers se geld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.