Oudpolisiekommissaris doen poligraaftoets oor ‘Bird-Island’-bewerings

Genl. Johan van der Merwe by Charles Kemp. Foto: Verskaf.

Genl. Johan van der Merwe, oudpolisiekommissaris, het Woensdag ʼn poligraaftoets ondergaan nadat hy Sondag in die briewerubriek in Rapport geskryf het dat hy bereid is om ʼn leuenverklikkertoets af te lê in ʼn poging om sekere bewerings wat in die omstrede boek Die seuns van Bird Island vervat is, te weerlê.

Die proses is deur PretoriaFM gefasiliteer. Die toets is deur Charles Kemp, ʼn poligraaf verbonde aan die Poligraaf Instituut van Suid-Afrika (Pisa) uitgevoer.

Die fokus van die poligraaftoets was spesifiek die beweerde verdwyning van die dossier wat Magnus Malan, oudminister van verdediging, en Barend du Plessis, oudminister van finansies, by ʼn beweerde pedofielnetwerk betrek.

Mark Minnie, medeskrywer van die boek en oudspeurder, het beweer dat die dossier met inligting wat hy saamgestel het oornag uit sy kantoor verdwyn het.

Kemp het gesê die volgende vier vrae is aan Van der Merwe gevra.

  • Was u bewus van ʼn dossier wat mnre. Malan of Du Plessis by ʼn pedofielnetwerk betrek?
  • Het u persoonlik ʼn rol gespeel om ʼn dossier te verdoesel waarin mnre. Malan of Du Plessis by ʼn pedofielnetwerk betrek word?
  • Het u enige persone gehelp om ʼn dossier te verdoesel waarin mnre. Malan of Du Plessis by ʼn pedofielnetwerk betrek word?
  • Was u bewus van enige optrede wat gegee is om ʼn dossier te verdoesel waarin mnre. Malan of Du Plessis by ʼn pedofielnetwerk betrek word?

Kemp het gesê daar was geen beduidende indikasie van misleiding van Van der Mewe se kant af nie. “Dit is dus my opinie dat genl. Van der Merwe eerlik was toe hy die vrae beantwoord het.”

Luidens ʼn verklaring wat Woensdagmiddag laat deur PretoriaFM uitgereik is, het die poligraaftoets bevind dat Van der Merwe “die waarheid praat as hy sê dat hy nie bewus was van ʼn dossier wat die oudministers Malan en Du Plessis by ʼn beweerde pedofielnetwerk betrek nie en dat hy ook nie ʼn rol gespeel het in die beweerde verdoeseling van so ʼn dossier nie.”

Van der Merwe het tydens ʼn onderhoud met PretoriaFM gesê dit was juis vir hom belangrik om die bestaan van die dossier te bevraagteken omdat daar die afgelope tyd uit verskillende oorde verskeie bewerings gemaak is oor lede van die destydse veiligheidsmag en daar ʼn “sluier getrek word” oor die ANC se destydse terreurdade.

“Daar word nou die eensydige indruk geskep dat dit net die vorige regering en lede van die veiligheidsmagte was wat hulle skuldig gemaak het aan wandade terwyl dit in die meeste gevalle sonder enige gronde of bewyse is en aanvaar word as die waarheid.”

Genl. Johan van der Merwe by Charles Kemp. Foto: Verskaf.

Van der Merwe sê “koerante en uitgewers” sal die samelewing ʼn guns bewys om die persone wat dié soort bewerings maak beskikbaar te stel om hulself aan dié soort toetse te onderwerp en op daardie manier verseker dat hul geloofwaardigheid beskerm word.

Hy beweer ook die bewerings in die boek is vaag en kan nie nagegaan word deur middel van getuies nie omdat die getuies in die meeste gevalle dood is.

Chris Steyn, ʼn voormalige ondersoekende joernalis, en Minnie beweer in Die seuns van Bird Island dat drie voormalige ministers van die Nasionale Party in die 1980’s by pedofilie betrokke was.

Skaars twee weke ná die boek se bekendstelling is Minnie dood aangetref op ʼn vriend se kleinhoewe in Theesecombe aan die buitewyke van Port Elizabeth. Hy is met ʼn skietwond aan sy kop en ʼn vuurwapen langs hom gevind. ʼn Selfmoordbrief is op die toneel gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

GM ·

Poligraaftoetse kan ge’cheat’ word, en die Generaal beskik seersekerlik oor die kennis om dit te kan doen as hy sou wou.

Hennnie Perkins ·

Nie so maklik soos in die flieks nie. Waar kry jy jou feite vandaan.

Schalk van der Merwe ·

GM, laat weet my asb hoe. Ons kan groot geld maak.
Ek is seker die Genl sal toestem dat jy na die opname kyk en die kullery uitwys.

Cherokee ·

Dit blyk dat Hennie en Schalk nie bewus is daarvan dat
poligraaftoetse te onbetroubaar is om as getuienis in die howe aanvaar te word.

Louise Viljoen ·

Absolute snert om te sê die Generaal het gecheat. Dit sou werklik indiepte opleiding soos vir FBI gegee moes word en self dan is dit feitlik onmoontlik om die stelsel te fop. Hierdie boek is net daar om die ‘vryheidsvegters’ en andere se tereurdade te verdoesel.

Etienne ·

GM, jy kyk te feel movies my maat. as jy maar net geweet het hoe die polograaftoets eintelik werk.

Nettie ·

@Cherokee, poligraaftoetse in die regte lewe is nie soos daai wat jy op tie-wie sien nie. Dit word nie as getuienis in hofsake toegelaat nie, omdat daar MENSLIKE INTERPRETASIE betrokke is. Dit is nie omdat poligraaftoetsing as wetenskap foutief is nie.

Ander Annie ·

Dit is nie wat my kollega sê wat ‘n gekwalifiseerde poligraaf is. So el weet nie so mooi van ‘gecheat” nie.

Spikkels ·

Dit kan geflous word, hoekom dink jy word dit nie in howe gebruik nie? En as jy psigopaat is wat mense moor en regtig dink jy doen niks verkeerd nie en jy word gevra of jy skuldig is, dan gaan die masjien mos dit nie optel nie

Nuuskierig ·

Nou moet die oorblywende Ministers van die vorige era ook vrywillig hulle self laat toets voor die media. Dit sal nogal interesant wees !

Neutraal ·

Weet nie. Wat ek gelees het van poligraaftoetse kan dit nie ge’cheat word nie. Mens het geen beheer oor die reaksie van jou hart- en liggaamsreaksie as jy sou lieg nie.

En nou? ·

Daar is sekere gevalle waar die toets beinvloed kan word.
Een van die dinge wat wel die toets kan beinvloed is as jy jouself knyp of (iets wat seer maak) elke keer voordat jy die vraag beantwoord.

Piet ·

Wel – dit hang alles af of die antwoorde “ja” of “nee” was!

Neutraal ·

Weet nie. Wat ek al gelees het van die toetse is dat dit nie ge-cheat kan word nie. Daar is geen beheer oor jou liggaamsreaksie as jy sou lieg nie

Karel Combrinck ·

Daar kan min twyfel wees dat die boek, en die bewerings daarin gemaak, gerig is daarop om sentrale figure van die NP-regering in ‘n negatiewe lig te stel. Vir die oomblik is daar nog bloedmin bewyse of geloofwaardige getuienis dat die bewerings waar is. Nietemin is die sg “poligraaftoetse” weinig meer as ‘n foefie. Sover my kennis strek, heg die howe geen, of weinig bewyswaarde aan die resulate van hierdie “toetse”.

Herman ·

Het jy al so ‘n toets ondergaan en weet jy wat dit behels? Die toets is geloofwaardig en ek het dit al by dissiplinere sake gebruik as bewys dat diefstal gepleeg is. Die saak het tot by die Arbeidshof gegaan waar die skuldigbevinding bevestig was. Ek dink by praat uit onkunde.

Benadé Kruger ·

Die boek het nie ‘n politieke tema nie. Jy praat van 2 ministers (en Wiley wie niemand ‘n probleem het om onder die bus te gooi nie. Is dit ondat hy nie ‘een van ons’ was nie?)
Dis die gedrag van persone wat toevallig politici was. Kon netsowel oor Bles Bridges of Frik du Preez gewees het.

Casper Labuschagne ·

Poligraaftoetse kan effektief toegepas word op ‘n groot persentasie van die bevolking. Maar daar is aanduiding dat leunverklikkers nie effektief werk op ‘n kritieke groep mense nie. Meer spesifiek is dit die enkel persentasiepunt van die bevolking wat sosiopaties is en hul lewe lank al leuns vertel tot so ‘n mate dat hulle die meeste toetse sal slaag. Kortom gestel, ‘n leunverklikker kan geglo word in die geval van diegene wat meestal eerlik is en moet liewers nie geglo word by ‘n sosiopaat nie.

tamboti ·

Die feit wat nie ge-cheat kan word nie is: Leuenaars vrees en weier die poligraaf toets / eerlikes doen dit met graagte!

Karel Combrinck ·

In reaksie op Herman hierbo wat my onkundig noem: In die meeste Amerikaanse howe is die resultate van poligraaftoetse ontoelaatbaar. Of dit in die Suid-afrikaanse howe anders gesteld is, weet ek nie, maar ek twyfel. Poligraaftoetse is gewoon nie betroubaar nie. As Gen vd Merwe hom veronregreg voel oor die bewerings oor hom gemaak in die boek, is sy toevlug tot die hof in ‘n lasraksie . Die resultaat van ‘n foefietoets skep net die indruk van “die waarheid” en wil alteveel lyk na ‘n rookskerm.

Herman ·

Karel, het jy al so ‘n toets ondergaan? Hoe kan jy beweer dit is ‘n foefie as jy dit nog nie self ondervind het nie. Weet jy (sonder om nou te gaan Google) wat die instrumente is wat hulle gebruik tydens die toets? As jy nie weet nie praat jy definitief uit onkunde. Die toetse is betroubaar en kan gebruik word saam met ander bewyse. Ons moes ‘n paar unie verteenwoordigers deur toetse neem om vir hulle te bewys dat dit betroubaar is voordat ons dit as bewyse in die dissiplinere saak gebruik het. Soos ek genoem het, dit is aanvaar toe die saak ‘n draai in die arbeidshof gemaak het.

Cherokee ·

Herman, indien jy dan so kundig is, oor soveel kennis beskik, waarom oortuig jy nie die magdom regstelsels globaaal, om dit as oortuigende bewyse te aanvaar nie? Oorreed hulle om dit as bykomde getuienis te gebruik. Verduidelik aan hulle dat hul wantroue daarin, is misplaas.

marous ·

Nie in strafsake nie , maar in arbeids verhore wel toelaatbaar . Die wat die waarde betwyfel kan gerus ‘n toets gaan doen .

Herman ·

Ag Cherokee, jou opmerking is mos nou glad nie deurdag nie. Hoe moet ek en hoekom sal ek as ek voltyds werk. Ek het wel ondervinding waar die toetse in die arbeidshof toegelaat (en gebruik) is as aanvullende bewyse. Moet ek nou stilbly as iemand beweer dat die toetse ‘n foefie is terwyl hulle duidelik geen ondervinding van die toetse het nie en dus uit onkunde kommentaar lewer.

Carl ·

Tensy jy n psigopaat is of sekere medikasie neem, kan jy nie die poligraaf ‘n rat voor die oë draai nie.

Oningelig maar nuuskierig ·

Wie is (was) die generaal wat hom in ‘n posisie geplaas het dat hy noodwendig van so ‘n dossier sou weet? Hoekom moet die feit dat hy nie daarvan geweet het nie daarop dui dat die dossier nie bestaan het nie?
Ek sien die artikel noem dat hy ‘n oudpolisiekommisaris is, maar dit sê steeds nie hoekom hy reken hy sou geweet het as daar so ‘n sossier was nie.

Twakkie ·

“Oningelig maar nuuskierig”, die genl. het dit alles baie mooi uiteengesit in sy brief aan Rapport, wat die afgelope Sondag verskyn het.

WB ·

Van watter planeet is jy afkomstig? Johan Van der Merwe was die Nasionale Kommissaris van die SA Polisie tot en met die 1994 .Algemene Verkiesing en hy het insae gehad in alle ernstige sake en ondersoeke, anders as vandag se kaders wat net kommissarisse is om hul deel van die staatskas te ontvang.

Benadé Kruger ·

Presies. Al wat hy bevestig het is dat hy nie van die DOSSIER geweet het nie. Hy was in elkgeval Veiligheidspolisie – hulle het terroriste en ANC gejag, hierdie sou heel moontlik ‘n aangeleentheid vir die plaaslike polisie gewees het.
Dit dek ook net die dossier. Die vrae het nie gehandel oor die ander 99,9% van die boek wat selfs belangriker is nie.

Skinny Bob ·

Poligraaf word glad nie in Howe aanvaar nie. Dit is bewys as onbetroubaar. Psigopate slaag dit met gemak.

tamboti ·

Skinny Bob, jy is reg oor die hof, maar nie almal is psigopate nie! Hoe weet jy in elk geval?????

Karolis ·

Foto’s en video opnames van inbrekers en moordenaars is ook nie toelaatbaar in howe nie. Dalk by uitsondering in kinderhof gevalle.

LHS ·

Ag asb. enige iemand wat glo dat so iets moontlik was en veral dan nou op daardie eiland kan enige tyd n poli toets gaan doen want jy sal slaag.

Thinus Erasmus ·

Eerstens baie dankie en geluk aan Pretoria FM dat jul die inisiatief geneem het om die toets te fasiliteer.
Tweedens, hoekom nie iemand glo wat openlik en vrywillig ‘n verklaring maak wat niemand anders swart smeer of beskuldig nie? Dit is amper dieselfde as wat iemand uit eie wil ‘n misdaad beken, net natuurlik die teenoorgestelde.
Derdens wil ek ‘n klip in die bos gooi: Hoekom gebruik ons oorlaaide en ondoeltreffende regstelsel NIE die wetenskaplike middele tot hul beskikking nie??
Bv. na ‘n misdaad moet byde klaer en getuie, asook verdagte indien gevang, dadelik onder poligraaf ‘n verklaring afle.
Enige verdagte wat weier moet as leuenagtig beskou word / dop die klaer of getuies, dan is daar mos nie saak nie.
Wanneer ‘n saak dan so, met ‘n skulderkentenis aan die landros of staatsaanklaer beslis kan word, kan die minimum straf deur hof opgele word.
Gee die verdagte nie sy samewerking, moet die maksimum straf by skuldigbevinding sonder uitsondering opgele word. Natuurlik moet kruisondervraging met openbare poligraaf toets gedoen word!
En so kan die hele regsproses baie verkort en baie geld gespaar word.
Verder sal ek voorstel dat juis buitelandse kenners en self toerusting vir die proses gebruik word totdat SA self alles kan behartig (ja ek weet daar is bekwame mense in SA maar hul is heeltemal te min)
Die enkele uitsonderings en moeilike gevalle gaan nie die oorgrote meerderheid in die wiele te ry nie – tans loop die oorgrote meerderheid misdadigers lekker vry rond!
AAg ek droom!

Stuiwer ·

Die poligraaf toets kan gebruik word om te help besluit of ‘n saak verder ondersoek moet word, al dan nie. Ek persoonlik sal die toets dop, selfs al is ek onskuldig, want ek sal so uitgestres wees dat ek hartkloppings kry.

Chrisjan ·

Ek sou graag wou sien hoe die skrywers en getuies met so toets vaar.

Eben ·

Ek beskou alles in die boek as snert en sal nie myself so verneder dat ek die boek sal koop nie. Die publisiteit gaan oor geld maak en om vir BLF, EFF en ANC rede te gee vir verdere haatspraak. Ek dink die ophef van die boek verdeel ons volk net verder en veroorsaak net dat meer mense gehaat en vermoor word. Begrawe nou asb. die snert.

Alida ·

Eben dankie. Dit is b klomp snert wat baie van die mense se nageslag nou geweldige hartseer veroorsaak. Verwyder die bollie van die winkelrakke. Gemors.

Twakkie ·

Presies, Eben. Regskenner dr Llewellyn Curlewis sê daar is geen bewyse of geloofwaardige getuies in die boek nie. Myns insiens klomp ghwano. Fake News24 wat die ANC ondersteun, hou aan die ghwano aanprys en ignoreer “Kill the Boer”, wat op stewige navorsing en feite berus. En die publiek glo graag Fake News24. As dit in die koerant en op die telefoonpale staan, en oor die radio en TV gepropageer word, is dit mos waar. Ongeag dat dié media hier in SA almal aan dieselfde mense behoort.

Carls ·

Dit is braaf om ñ poligraaf te doen, ek twyfel wel of die poligrafid sy werk en professie op die spel sou sit deur om die vrae verkeerd te vra of vals resultate gee. Hy mag wel ge”audit” word en ñ spesialis mag aandring om die hele onderhoud asook resultate na te gaan. Die toets word ten minste 3 keer herhaal en die vrae word
minstens 1 keer geruil gewoonlik, so meeste mense sal nie 3 keer in ñ ry dieselfde resultate toon nie. Mens doen nie net ñ poligraaf om aan die publiek onskuld te bewys nie maar ook vir jouself al weet jy dat jy eerlik is. Ek is bly hy is bereid om homself op die spel te plaas.

Brian ·

As ek so oud is, kan hulle ook maar enige toets op my doen. Ek het ‘n idee my reflekse sal nie eens meer werk nie.

Callie ·

Kyk waar is ons. Skinny bob en carl en ander carel. So volgens julle is die generaal al n psigopaat ook. Kom by man. Eerlike mense is al wie met gemak sal gaan sit. Hoe siek is Suid Afrikaners. Daar is mos baie kenners. Kan hulle ons vertel. Kyk hierbo na al die poligraaf kenners. Magtig julle weet alles

Vraagteken ·

En wat as ‘n eerlike persoon die poligraaf-toets dop net omdat die woord “verdoesel” nie in sy verwysingsraamwerk val nie/ of nie verstaanbaar vir hom is nie? Vra net.

Ruiklont ·

Ai, ai ai, dit is so lekker om die blankes in diskrediet te bring, kry jul lekker? Ek skaam my vir sekere reaksies

Benadé Kruger ·

Dit gaan nie oor ‘n groep nie! Nie blankes, NP, NG Kerk of Malanfamilie nie. Dit handel oor die gedrag van INDIVIDUE, en dis waar dit stop.

Engela de Klerk ·

Hierdie is ‘n man van absolute karakter en sal nie lieg nie.

Benadé Kruger ·

Hoe kan jy alles in die boek as snert afmaak as jy dit nie eers gelees het nie? Is jou siening bloot o.g.v. dat dit Malan was en ‘hy sal nie so iets doen nie”?
Niemand het gedink Lance Armstrong sou ‘kroek’ nie, ook nie Hansie Cronje of die Australiese Krieketspan nie. Dieselfde met John Wiley, Nixon, Katolieke Priesters, Dieter Gerhardt, Markus Jooste (dalk)

Anoniem ·

Benady, ek glo gen Malan is onskuldig. Daar is slegs 1 uiters twyfelagtige bewys, van hoorse getuie wat iemand “ore” noem…Geen ander bewyse bestaan nie! Dankie tog die boek is nou van die rak af!

Benadé Kruger ·

Skiet jouself sodat jy geld van die Chinese en ANC kan kry? En as hy ‘n skuldige gewete gehad het sou hy dit sekerluk in sy brief genoem het. Jou argument maak nie sin nie.

Joe ·

Of dit in ‘n hof gebruik kan word of nie, wie sal die kans vat om so ‘n toets te doen as jy nie 100% seker van jou saak is nie. Dankie generaal, ek glo in elk geval die selfmoordenaar en sy trawante was op soek na sensasie!!!!!!

kat ·

Dit maak my nogal bang om te dink ons mense kan mekaar so afbreek en lekker kry in ander se pyn weet julle nie dis die anc regering wat met die gemors kom hulle is briljant met die propagande by russe geleer dit is daar om die oog af te vat van korupsie en moorde aan hulle kant

White Rhino ·

Propaganda se moses – ek stem saam Kat. Wys jou hoe die moraliteit verval het met vandag se ‘skryfsters/skrywers’ – enige-iets om aandag te kry al kos dit ook wat.
Absoluut desperaat vir aandag. Wil so graag ook op die ‘map’ wees al kos dit jou selfrespek.

Ekke ·

Ek wil net my mening lig, die is net ‘n bewys dat baie blankes jou in die rug sal steek sodra dit vir hul betalend is. Of dit waar is of nie, was dit regtig nodig om na al die jare so boek die lig te laat sien, veral in die omstandighede waarin ons nou vir ons lewens vrees waar daar erger RASSISME en GEWELD is in ons land teenoor alle blankes, veral oumense wat hulself nie kan verdedig. Onthou, die mense wat in die boek genoem word is of al dood en kan hulself nie verdedig of baie oud.

kas ·

Die uitslae van die toets word nie in howe aanvaar nie maar dit is ‘n aanduiding as iemand lieg.Kan Chris Steyn nie ook maar die toets doen nie.Hoekom het Minnie selfmoord gepleeg Is dit omdat hy gelieg het.Die slagoffers kan ook die toets doen.Nog nie een slagoffer se integriteit is op enige manier getoets nie.Ek kry die idee daar was nooit ‘n dossier gewees nie

quo vadis ·

Sjoe ja ek wonder waarom enige van die slagoffers nie na vore kom nie? Dis mos nou mode om na dekades sulke aaklige vergrype aan die lig te bring. Hoekom praat die slagoffers nie of is hulle almal dood?

thelsa ·

Na byna 40 jaar was daar geen persoon wat betrokke was by die sogenaamde voorvalle wat na vore gekom het nie; geen man (destyds ‘n seun) wat sy pond vleis kom eis het nie; geen weermaglid wat betrokke was by die helikoptertransport nie; geen iemand wat kom geld eis nie. Ag nee man regtig !!! Die skrywers pruim hulle gholfkouse.

Aitog ·

Ai tog. Almal is super kenners van alles. Ons land brand en val uitmekaar terwyl almal “comment” en kennis meet. Lagwekkend

Jax ·

Oppas maar vir sogenaamde helde met klei voete.
Ek het die boek gelees en soos met alles wat publiseer word, lees ek met n knippie sout. Maar die lewe het my ook al harde lesse laat leer van: waar daar n rokie is, is daar n vuurtjie.
Leunverklikkers is nie so akkuraat as wat mens dink nie. Google dit en sien self hoe maklik dit eintlik is om die leunverklikker toets te kul. Kant nota: as jongeling het ek en n paar vriende reuse pret gehad met n leunverklikker ( lw; nie n speelgoed verklikker nie)
Deur tussen die lyne te lees en objektief te lees, gee meer “waarheid” deur as wat werklik geskryf is.

Stuiwer ·

Elke persoon kan self besluit of hy die inhoud van die boek wil glo, al dan nie. Ek persoonlik sal nie eens my tyd mors om die boek te lees nie. Ek stel nie daarin belang nie. Ek neem aan jy is nou ‘n poligraafdeskundige van beroep, aangesien jy sulke goeie “ondervinding” daarmee opgedoen het?

Duppie ·

Ek was ‘n lid van die SAP se BBP Eenheid in Kaapstad gedurende Malan se ampstermyn. In die middel 80’s en later tot 1990 was ons land in een noodtoestand na die ander een. Dit het meegebring dat veral Hoog geplaasde ministers meer lyfwagte ontvang het. Malan het ‘n motorbestuurder, een SA Vloot lyfwag en 2 SAP BBP lede gehad wat aan hom toegeken was. Ek was een van hulle. Met die Noodtoestand kon Mnr Malan nie eens toilet toe gegaan het sonder ons toestemming nie. (Letterlik) As so ‘n dossier ontstaan het soos beweer word, sou dit beslis onder Genl van der Merwe se aandag gekom het, en die Ondersoek beampte sou beslis nie Minnie gewees het nie, dit sou ondersoek word deur die Distrik Speur Offisier, wat in daai tyd ‘n Kolonel sou gewees het. Vir n dossier om net weg te raak, sou baie rooi ligte laat afgaan het. Jy as ondersoek beampte maak dan ‘n duplikaatdossier oop en gaan verder met jou ondersoek. Alles wat beweer word in daai boek strook geheel en al nie met die norm nie.

Anoniem ·

Dankie Duppie, dis wat van der Merwe ook se. Ek glo glad nie die beweringe in die boek nie.

Natan ·

Insiggewend dat Solidariteit se filiaal, PretoriaFM, die toets reël. Wys die groter geheel uit.

Die aansprake op Gert van Rooyen se betrokkenheid word nie bespreek nie. Vreemd dat so ‘n eenvoudige kêrel se verlede so duister is, hy was ook deel van ‘n groter mag.

Laat hulle hulself veroordeel, dit het laasmaand met ‘n vermeende plaasmoordenaar gebeur. Hy het self die noodlot opgeroep en dit het hom kom haal.

Suid Afrika se posisie kom nie vanself nie, die Ou Testament wys duidelik uit waar die foute in ons eie gemeenskap lê. Dit kom nie na 1994 nie.

Jerry ·

Eers n Lesufi foefie en nou ook n van der Merwe foefie. Lesufi en Steyn sal egter nooit so n toets afle nie want dit skend kamtig hulle regte. Van der Merwe weet Minnie het en Steyn lieg nog steeds oor Malan en met die poligraaftoets is die bal nou in steyn se kant van die baan en haar redes oor hoekom sy nie so n toets sal doen nie sal net so insiggewend wees soos sommige se kommentaar oor psigopate, hof wat dit nie toelaat nie, onakkuraat, skend my regte ens. Dit word nie verniet n leuenverklikker toets genoem nie! Dit werk, daarom soek almal redes om dit nie te doen nie! Steyn is n ANC meeloper en ons weet dat as hulle hul monde oopmaak dan peul daar net leuens uit!

Anoniem ·

Inteendeel! Dit bewys geweldig baie! Waarom sou hy aandring om poligraaf toets afle en daai risiko vat?! Het jy ooit sy weergawe gelees?! Dit maak sin dat Malan onskuldig is!

c ·

Daar is “many ways to kill a cat”. Maar ek sê as jy niks het om weg te steek nie hoekom dan in elk geval die toets “cheat” al wat ek weet, om op so ‘n toets te gaan is baie senuweetergend.

J van Rustenburg ·

Hoe nou Daar is net 4 vrae gevra en al 4 handel oor ‘n dossier So hy het niks geweet van ‘n dossier nie Dit beteken nie hy het nie daarvan geweet nie Daar is nooit gevra of hy bewus was daarvan nie

Jan ·

Hierdie vrae is swak, en dit lyk vir my onprofesioneel. Die vrae is ingewikkeld en onspesifiek. Die vrae laat BAIE ruimte vir mening – as iets hernommer is, weggegooi is, verbrand is, gesnipper is – is dit ook verdoesel? Verdoesel is so breed dat dit nie naby genoeg aan die waarheid is. “Persoonlik” is so oop vir herinterpretasie dat dit ‘n grap is. Dalk was die inhoud van die dossier nie so spesifiek oor ‘n netwerk, maar oor breeer sake – in welke geval kom die vrae glad nie by die punt uit nie.

GM ·

Iets wat ek nogal oplet, en wat my grensloos irriteer, is as mense begin aanval, sonder om ordentlik te LEES en korrek te INTERPRETEER wat ‘n mens sê. Ek het nie gesê die Generaal HET gecheat nie, ek het gesê dat hy seersekerlik oor die nodige kennis beskik AS hy SOU WOU – groooooot verskil. En vir dié wat sê poligraaftoetse kan nie gecheat word nie – ek het nie gesê ALMAL kan dit cheat NIE. Van jul sê in een asem dit kan nie gebeur nie, maar in die volgende asem dat psigopate ens. resultate kan manipuleer. So wat sê jul nou eintlik?
Gaan lees maar bietjie op oor hoe poligraaftoetse werk, gaan leer ‘n bietjie meer oor Fisiologie, gaan praat met mense in die regte velde. En stuur asseblief vir my die ‘link’ aan wat sê poligraaftoetse is 100% akkuraat, en dat GEEN persoon daarby kan verbykom nie. Klem op die 100% en GEEN.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.