Oudpolisieman by lughawe vas oor onwettige vuurwapens

vuurwapens-2

Foto: SAPD

ʼn Voormalige polisiebeampte en nog ʼn verdagte is by die King Shaka-lughawe in Durban in hegtenis geneem nadat ‘n vuurwapen glo op iemand gerig is.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes by die lughawe het ʼn klag ontvang oor ʼn man wat glo ʼn vuurwapen op iemand gerig het. Die man is in hegtenis geneem. ʼn Ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie is in sy besit gevind.

“Die verdagte het die polisie na ʼn huis in Greenwood Close in Verulam geneem en beamptes het die huis deursoek,” het Zwane gesê. “Daar is beslag gelê op drie pistole, ʼn koeëlvastebaadjie, handboeie, twee polisieknuppels, ʼn R1-magasyn, twee R5-magasyne en altesaam 591 koeëls. ʼn Tweede verdagte, ʼn voormalige polisiebeampte, is ook in hegtenis geneem.”

Die mans sal binnekort in die Verulam-landdroshof verskyn. Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, die provinsiale polisiekommissaris, het gesê daar sal ondersoek ingestel word om te bepaal hoe die voormalige polisiebeampte die vuurwapens en ammunisie in sy besit gekry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ladybug ·

Goeie werk, hou aan, daar is baie korruptes in SAPS wat nog moet boet vir hul dade!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.