Die Bloemfonteinse polisie het gesê hulle is op soek na ʼn voormalige polisiebeampte, wat moontlik in Durban kan wees, om hulle by te staan in verband met twee verkragtingsake.
“Andries Albertus de Villiers (47), beter bekend as Albert, kan die Parkroad-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (FCS) moontlik bystaan met inligting in verband met twee afsonderlike verkragtingsake onderskeidelik in Bloemfontein in 2006 en KwaZulu-Natal in 2015,” het konst. Maselela Langa, polisiewoordvoerder, in ʼn verklaring gesê.
Volgens Langa is De Villiers die laaste keer in Brits in Noordwes gesien en daar word vermoed dat hy nou moontlik in die omgewing van Durban kan wees.
Enigiemand wat weet waar hy hom mag bevind, word versoek om die ondersoekbeampte, ao. Arlene Snyman, by 082 527 7063 of 082 301 6390 te bel.
Goeie foto, behoort die duiwel vinnig vas te trek.
Word hy gesoek om te help MET BYSTAND van 2 verkragtingsake of vir verkragting. Julle opskrif dalk bietjie misleidend!
Ja ek ook nou nie lekker by nie, hulle soek iemand maar hy is dan vermis of kruip weg vir iets ?
Lees mooii…….hy word gesoek OOR verkragting sake nie VIR verkragtingsake nie.
Afrikaans moet mooi gelees word
Ek neem aan hy word gesoek om bystand en inligting te verleen aan die huidige ondersoekbeamptes wat die sake ondersoek. Glo nie hy is die skuldige een nie.
Besef julle werklik nie dat die man nog nie verhoor is nie? En Maroela se vrese vir enigiets wat Boooo of Baaa sê? Julle moet leer om tussen lyne te lees.