Oudpolisieman gevonnis ná skote by troue

(Argieffoto: Unsplash)

’n Voormalige polisiebeampte is tot 33 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy byna twee jaar gelede skote met sy dienspistool by ’n troue afgevuur en twee mans in die proses doodgeskiet het.

Natasha Kara, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Lindani Liberty Ngobese (34) is Woensdag in die Mtubatuba-landdroshof, noord van Richardsbaai in KwaZulu-Natal, gevonnis op aanklagte van moord en poging tot moord.

Dit volg nadat Ngobese in Desember 2018 by ’n troue in die omgewing van Mnqobokazi in Hluhluwe in ’n rusie met ʼn groep mans betrokke geraak en met sy dienspistool skote afgevuur het.

Ngobese was in daardie stadium verbonde aan die polisie se nasionale intervensie-eenheid.

Twee mans is gedurende die skietery dood en twee ander gewond. Ngobese het hom ná die voorval aan die polisie in Hluhluwe oorgegee.

Volgens Kara het die twee oorlewende slagoffers, ooggetuies en polisiebeamptes wat destyds op die voorval gereageer het, in die hof getuig.

Ngobese het deurgaans aangevoer dat hy uit selfverdediging opgetree het.

Adv. Elaine Zungu, direkteur van openbare vervolging in die provinsie, het die voorval veroordeel.

“Die samelewing kyk na polisiebeamptes vir veiligheid en beskerming, maar die beskuldigde was verantwoordelik vir die verlies van onskuldige lewens.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Baardman ·

Nou hoekom sloer malema se saak. Hy skiet ook mos in die openbaar, sluit hom toe!!!!!

Dries ·

Dalk was dit selfverdediging. Dalk was daar drank betrokke. Dalk net onverantwoordelike Polisie beampte wat nooit met ‘n vuurwapen uitgereik moes word nie. Ek dink daar is baie meer aan hierdie storie as wat ons hoor. Nogtans nagmerrie vir baie families. Van bruidspaar reg deur tot oorledenes se families en Polisie beampte homself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.