Oudpolisieman gevonnis oor ses moorde

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Lingisani Arnold Mgaga (30), ʼn voormalige polisiebeampte, is Vrydag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof gevonnis in verband met die moord op ses mense en poging tot moord op vyf mense.

Mgaga is ses lewenslange vonnisse opgelê op die ses aanklagte van moord en ʼn bykomende 50 jaar tronkstraf vir die vyf aanklagte van poging tot moord, het lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Hy is al sedert sy inhegtenisneming in 2015 in aanhouding en hy het sy dienspistool by hom gehad wat in die misdade gebruik is,” het Zwane bygevoeg.

Sy medebeskuldigde, Themba Mvelase (32), wat verlede jaar gevonnis is, dien reeds lewenslange tronkstraf uit op vyf aanklagte van moord en 10 jaar vir vyf aanklagte van poging tot moord.

“ʼn Mercedes Benz het op 11 Oktober 2014 omstreeks 17:10 in Pietersweg gery toe aanvallers toegeslaan en op die insittendes geskiet het. Een persoon, Happy Hlomuka (30) is in die aanval dood. Vier persone is beseer en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

“Minder as ʼn uur later is nog ʼn skietery aangemeld by ʼn karwassery in Ezakheni. Vyf persone is doodgeskiet en een persoon is gewond. Die oorledenes is uitgeken as Muzi Dlamini, Sfundo Dlamini, Mlungisi Dlamini, Menzi Mvelase en Makhekhe Mathebula.”

ʼn Provinsiale taakspan het die skietvoorvalle ondersoek en Mgaga, wat in Gauteng gestasioneer was, is geïdentifiseer en in hegtenis geneem.

Zwane het gesê Mgaga word ook verdink van ander moordsake in KwaZulu-Natal en sal binnekort in die hof verskyn op dié aanklagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Martie ·

So word bloeddorstige, gewetenlose mense een vir een in die tronk gestop, maar ongelukkig nie vinnig genoeg nie, en ongelukkig eers nadat hulle ‘n paar mense koelbloedig vermoor het.

Rita ·

Hy dien klaar 6 lewenslange vonnise uit wat waarskynlik samelopend sal wees. Wat gaan dit hom skeel as hy nog verdere vonnise opgelê word? Sulkes moet permanent uit die samelewing verwyder word en daarmee bedoel ek nie hy moet nooit weer die buiitekant van die tronk sien nie. Hy moet nooit weer daglig sien nie!Triggerhappy “polisieman”?

Kobie ·

Hoe het so persoon ‘n polisie beampte geword. ‘n Mens moet regtig ‘n groot skroef los hê om mense net dood te maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.