Oudpolisieman se oorskot gevind

Johan Engelbrecht (Foto: Verskaf)

Die oorskot van die vermoorde oudpolisieman Johan Engelbrecht (61) wat Vrydag uit die staatslykshuis in Standerton in Mpumalanga verdwyn het, is gevind.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het inligting van die departement van gesondheid ontvang dat die oorskot saam met twee ander liggame verkeerdelik na Newcastle in KwaZulu-Natal gestuur is.

“Dit is nou vasgestel dat die beendere nooit gesteel is nie,” bevestig Hlathi. “Die ondersoek na die moord op Engelbrecht duur egter voort.”

Johan se vrou, Rentia Engelbrecht (59), sê sy is baie verlig dat haar man se oorskot gevind is.

“Nou kan ek my man veras en tot ruste kom,” vertel sy.

Rentia trek swaar sedert haar man in Augustus 2019 as vermis aangemeld is. Sy het amper twee jaar lank vrou alleen onverpoos na hom gesoek. Sy liggaam is toe eindelik twee weke gelede ontdek en na die lykshuis in Standerton gestuur waar dit vir ondersoekdoeleindes bewaar is. Dit is hier waar sy oorskot verdwyn het.

Maroela Media het vroeër berig Sanele Msimang (26) het hom verlede Vrydag by die polisiestasie in Harrismith in die Vrystaat oorgegee in verband met Johan se moord. Hy het aangedui dat hy Johan in Standerton vermoor en sy oorskot in ’n vlak graf begrawe het. Hy het die vlak graf aan die polisie uitgewys. Johan en Msimang het mekaar geken.

Msimang is tans in aanhouding in Standerton en het Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn. Die landdros het beveel dat sy borgtogaansoek Woensdag aangehoor sal word. Intussen sal Msimang in aanhouding bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jaada ·

Pateties, hoe kan ‘n lyk wat vir “ondersoek doeleindes” bewaar word in ‘n lykshuis verkeerdelik weggestuur word?

katerinadiekat ·

Dis Suid Africa. Anything is possible. Moenie vergeet nie, ons bly in n land wat basies n Monty Python episode is.

Casper ·

Jaada,my fellow South Africans is tot enige iets ondenkbaar in staat.Rentia nou kan jy berusting vind en jou man veras.Ek wonder net wat was die motief agter die moord.

Noels244 ·

Deesdae weet ek nie eers meer wat om te se as ek lees en sien wat in hierdie land aangaan nie, dit is so verregaande dit maak my stom.

Rooikoos ·

Dit maak nie sin nie en ek dink die is ‘n “cover up”. Waar is die papierwerk?

Nozi ·

Sjoe, standerton en newcastle is mos ver van mekaar af, is dit nie? Maar ek is bly vir die Dame, nou kan sy doen wat sy moet doen en tot ruste kom en aangaan met haal lewe.

Jeanette ·

Die land maak mens totaal en al siek en naar, hy het die man vermoor maar hy kan aansoek doen vir borg, more op die strate en doen dalk weer dieselfde ding, nee jinne waar is al die wette wat belasting betalers moet beskerm, maar ja ekskuus sekere wette geld net vir sekeres en ander stel wette geld eintlik net vir ons witvelle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.