Oudpolisieman tronk toe ná hy amptelike wapen aan bendelid gee

Francis oorhandig sy goue horlosie aan ‘n familielid. Foto: ANA.

ʼn Voormalige polisiekonstabel, wat skuldig bevind is op aanklag van strafbare manslag ná sy amptelike vuurwapen tydens ʼn moord gebruik is, is Vrydag in die Port Elizabeth-hooggeregshof gevonnis.

Walter Francis sal effektief ses jaar agter tralies deurbring.

Maroela Media het vroeër berig konstabel Walter Francis (29), Enzorich Kroates (22) en Clement Kogana (29) was op 25 Oktober 2014 in Shane Potberg (34) se huis toe ʼn skietery plaasgevind het.

Francis het ná die skietvoorval sy amptelike polisievuurwapen en patrone aan Potberg, ʼn bekende bendelid in die stad se noordelike dele, oorhandig. Hy het aangevoer dit was vir veilige bewaring.

Francis was in daardie stadium by die Humewood-polisiestasie gevestig.

Die staat het aangevoer dat Potberg, Kroates, Kogana en ʼn ander persoon die volgende dag na Bethelsdorp gery het om Denton Rademeyer “uit te haal”.

Regter Jannie Eksteen het bevind Francis het geweet Potberg was lid van die Spotbouers-bende, asook dat die voormalige polisieman teenstrydige getuienis gelewer het.

Francis het tydens die hofsaak aan staatsaanklaer Jason Thysse gesê hy het nie geweet Potberg was by bendes betrokke nie. Hy het egter in sy pleitverduideliking gesê hy was bewus daarvan dat Potberg vriende was met bendelede.

Francis het ook getuig dat hy geweet het bendelede kuier by Potberg se huis. Die hof het gevolglik beslis dat Francis bewus moes gewees het van die aard van bendegeweld in die gebied.

Regter Eksteen het bevind Francis sou beslis geweet het daar is ʼn moontlikheid dat die vuurwapen gebruik sou word. Deur sy vuurwapen te oorhandig, het hy dus deur nalatigheid Rademeyer se dood veroorsaak, het die hof bevind.

Eksteen het gesê die “redelike mens” sou kon voorsien dat Potberg die vuurwapen sou gebruik of aan ander bendelede oorhandig in reaksie op die skietery wat die vorige dag by sy huis plaasgevind het.

Adv. Terry Price, vir die verdediging, het die hof gevra om ʼn vonnis van drie jaar korrektiewe toesig toe te dien. Eksteen het dit egter as onvanpas geag.

Die regter het bevind dat Francis geen berou getoon het nie, veral nie toe hy getuig het tydens die verhoor nie.

Die aansoek om verlof tot appèl sal 24 Oktober betoog word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Karolis ·

Dankie Regter Eksteen dat jy deur die ongeregtigheid sien.

jean ·

Dan praat hulle van “vertroue” in polisie wat afneem….hoe dan anders?

De-mur-in ·

Dis nou baie mooi – gee diens pistool vir bende lid vir veilige bewaring……..mmmm hoekom klink dit nie reg nie? Ek voel nou sommer soveel veiliger,

humor ·

Moenie kla nie op die wyse is daar darem n suiwerings proses in die polisiediens aan die gang. Na die proses word aan hulle n rang toegeken vir praktiese ondervinding in die gevangenis.

KP ·

Hy moes eerder skuldig bevind word aan medepligtigheid van moord en swaarder straf.

Asjas ·

Goue horlosie … mmm … daai klankie kom al sterker deur.

Adri ·

Ek is oortuig dat ampswapens meer dikwels by misdaad betrokke is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.