Oudpolisieman van dieremishandeling aangekla

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Voormalige polisiebeampte het Dinsdag in die Meyerton-landdroshof verskyn nadat hy glo sy tien honde alleen by sy Johannesburgse huis vir dae sonder kos of water gelaat het en een van die honde dood is.

Marlien Pieterse, bestuurder van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Vereeniging en Vanderbijlpark, het gesê Kobus Reyneke is op borgtog van R1 000 vrygelaat. As deel van sy borgtogvoorwaardes mag hy geen diere besit terwyl die saak van dieremishandeling teen hom aanhangig is nie.

Volgens Pieterse het Reyneke glo sy tien honde alleen by sy woonhuis in Eikenhof in die suide van Johannesburg gelos. Die honde het geen toegang tot kos of water gehad nie en een van die honde, ʼn skaaphond-kruising, is op die huis se stoep toegemaak.

“Met die DBV se besoek was die hond op die stoep ernstig uitgeteer en kon skaars beweeg. Die hond is onmiddellik weggeneem en na ʼn dierehospitaal gehaas. Hy is ongelukkig op pad na die hospitaal dood,” het Pieterse gesê. Die ander nege honde is tans in die DBV se sorg.

“Ons is bly dat mnr. Reyneke in hegtenis geneem is en reeds in die hof verskyn het. Ons beskou dieremishandeling in ’n baie ernstige lig en glo die oortreders moet aan die pen ry,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Michelle ·

Verbied Asb. hierdie hartelose mens om ooit weer ‘n dier te mag aanhou! En maak sy straf die moeite werd! Geen dier verdien om so behandel te word nie!

Marthie ·

Sies skaam vir jou !!!!!!!!! Ek hoop jou straf is baie swaar en dat die dierekinders elkeen n wonderlike huis sal kry. Dankie DBV Vereeniging vir julle goeie en onbaatsugtige werk.

Linda ·

Kom ons los hom vir ‘n paar dae sonder kos en water die gemene skepsel!

Karma ·

Kobus Reyneke – jy is die LAAGSTE VAN ALLE LAE WESENS: ‘N AMOEBA!!! Ek sou jou graag vir 10 dae sonder kos, water, skuiling, slaapplek (warm of koel), aan ‘n ketting om die nek wou vasmaak, sodat jy kan ervaar wat daardie hond deurgemaak het. As jy kinders het, moet jou kinders ook sommer van jou verwyder word, want as jy dít aan ‘n dier kan doen, kan jy dit ook aan ‘n kind doen! En moenie kom met die verskoning van “omstandighede buite my beheer” soos bv. ‘n hospitaal-opname of so iets nie – jy het sekerlik vriende/’n buurman of IEMAND wat jy kon gevra het om na jou diere te kyk???

Wie hou in elk geval in ‘n munisipale gebied TIEN honde aan??? En waar was die bure – as mý buurman vir dae aaneen verdwyn en ek sien die honde het nie kos of water nie, sal ek ‘n manier vind om oor die mure of heining vir die honde kos en water te gooi.

m ·

Daar is geen verskoning vir wat hierdie man gedoen het nie. Hy behoord skaam te kry. Wonder hoe sal hy voel na dae se geen kos en water. Kan nie dink dat enige intelligente mens so iets kan doen en glad nie worry oor sy diere nie. ONAANVAARBAAR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

oogies ·

Sies ek sal nooit weer my gesig in die openbaar wys nie. Ek sal te skaam wees as ek hy is ,want n hond is jou beste vriend hoe kry jy dit oor jou hart om so iets aan enige dier te doen hoop hulle sluit jou toe en gooi die sleutel weg sodat jy soos daardie arme diere sonder kos en water kan sit dan kan jy voel wat hulle moes deurmaak GEEN SIMPATIE met so n mens nie………

Charlotte ·

Gooi hom innie tronk en gooi die sleutel weg…..hy verdien nie die asem wat hy steel nie!!!!

Joa ·

Ai die mensdom is darem wreed.

Elke kind, dier, oumens, vrou, man, noem net op wat jy wil, wat gemolesteer, mishandel, verkrag, vermoor word, word deur ‘n ander mens aan hulle gedoen.

Hoe gaan daai skuldiges ooit eendag voor die Here kan staan en hul dade regverdig.

Hulle sal nie kan nie. Amen

wiebo ·

Plaas asseblief n foto van die man se gesig, dat almal kan sien hoe n sleg wit mens lyk. Ek se altyd, diere is beter as mense…………… My Jack Russel kry alles wat sy wil he, en sy gee net liefde terug. Kan nie wag om haar vanaand te sien as ek by die huis aankom nie! Sy is dan die gelukkigste hond op aarde as sy my sien!

Gert ·

Ai Wiebo, hoe weet jy dit is n witman? Maak nie saak watter kleur jy is !!!n Dier word nie so behandel nie.Laat hom met diere werk tot hy gatvol vir homself raak.Hondehokke, varkhokke ens skoonmaak en bollie optel.SIES MAN!!

Gert ·

Jou gewetenlose ongedierte. Jy moet vir my kom kuier, ek sal jou verbrysel sonder om te blik of te bloos. GEMORS!!!!

GES ·

Wat is die siek siel se storie? Wat maak hy in die eerste plek met diere as hy nie na hulle of na hulle wil omsien nie? ‘n Versteurde soos hy behoort nooit weer die voorreg te hê om diere aan te hou nie.

pop ·

Ag asseblief tog wys die wereld hoe lyk die mnr. Kan ons hom asb in sy stoep toemaak sonder water en kos tot hy dood is.

Ruby ·

Wreedheid, mishandeling en verwaarlosing ruk my elke keer aan die hart en dan is ek vir dae so ongelukkig oor sulke nuus. Hoe slaap ‘n mens wat sulke dade doen?

Goed en wel, die diertjes word weer aangeneem maar hulle word geskei van hulle maatjies met wie hulle elke dag speel, hulle wereldjie tuimel ineen. Kinders en honde is pas vinnig aan maar ek tob nogal oor hierdie goed.

anne ·

Skurk, niks kan sy laakbare optrede regverdig nie. Dit pateties, gee hom sy eie medisyne.

Didi ·

Karma, hoe meer ek jou kommentaar lees, hoe meer hou ek van jou!!! Jou hart sit op die regte plek en jy is nie bang (soos so baie ander) om jou sê te sê.

Karma ·

Dankie Didi, dit is lekker om te hoor dat IEMAND darem tog van my en my kommentaar hou. Ek raak blind-kwaad vir mense wat diere mishandle en jy sal sien dat my kommentare oor die moorde op witmense en misdaad in die algemeen ook vlymskerp en op die man af is. Party mense wil die blou horries kry oor wat ek soms sê en Maroela is maar geneig om baie van my kommentare NIE te plaas nie (hulle is polities té korrek). Maar dankie vir die kompliment.

CS ·

Hulle noem sy naam Kobus Reyneke …dis so wit soos jy kan kry….GERT. Maar dit maak nie waste kleur of geur jy is nie dis onaanvaarbaar!!!

Gert ·

Hulle noem sy naam HY IS WIT!!As sy naam Danny Jordaan was was hy seker ook wit?Baie het witmense se name aangeneem waar hul op die witboer se plase gebly het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.