Oudpolisieman wil vervolging laat opskort in Timol-saak

Joao “Jan” Rodrigues in die hof. Foto: Brenda Masilela/ANA

Joao “Jan” Rodrigues, die voormalige veiligheidspolisielid wat teregstaan vir sy beweerde betrokkenheid by die moord op die apartheidsaktivis Ahmed Timol, het Maandag vlugtig in die hooggeregshof in Johannesburg verskyn.

Rodrigues (80) se regsverteenwoordiger het die hof ingelig dat hulle twee aansoeke wil bring, insluitend ʼn aansoek om die opskorting van vervolging. Die ander aansoek is om verdere besonderhede te verkry.

Rodrigues het reeds tydens sy vorige hofverskyning in September aangedui dat hy wil aansoek doen om die opskorting van vervolging. Die saak is toe tot vandag uitgestel sodat die verdediging vir die aansoek kon voorberei.

Die staat was Maandag gereed om op dié aansoek te antwoord, maar dit is toe dat Rodrigues se regsverteenwoordiger gesê het hulle wil ook ʼn tweede aansoek bring.

Regter Ramarumo Monama het sy kommer uitgespreek oor die verwikkeling en gesê hy sal nie enige verdere vertragingstaktieke duld nie. Hy het Rodrigues se regspan opdrag gegee om al hul aansoeke teen Vrydag in te dien waarna hy die saak tot Maandag uitgestel het.

Imtiaz Cajee, Timol se neef, sê hulle is bly dat die regter vir Rodrigues se regspan ʼn tydraamwerk gegee het. “Ons hoop en bid dat die vertragingstaktieke deur Rodrigues se regspan nou tot ʼn einde kom.” Cajee het gesê hulle wil hoor wat die gronde is vir die aansoek om die opskorting van vervolging.

Ahmed Timol

Die hooggeregshof in Pretoria het in Oktober bevind Timol het nie selfmoord gepleeg nie, maar is vermoor.

Die geregtelike ondersoek na Timol se dood is vroeër heropen en regter Billy Mothle het bevind dat Timol dood is nadat hy aangerand, gemartel en by ʼn venster van die tiende verdieping van die polisiehoofkantoor in Johannesburg uitgestamp is.

Timol is in 1971 saam met ʼn vriend, dr. Salim Essop, in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes die motor waarmee hulle gery het by ʼn padblokkade voorgekeer het. Verbode ANC- en SAKP-pamflette is in die motor gevind en hulle is in hegtenis geneem. Timol is vyf dae later, terwyl hy in aanhouding was, dood.

Rodrigues het hom in Julie vanjaar oorgegee nadat ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is. Hy is kort hierna op borgtog van R2 000 vrygelaat. Rodrigues word van moord en dwarsboming van die gereg aangekla.

Regter Mothle het tydens sy uitspraak verlede jaar gesê Rodriques, wat aangevoer het hy was die laaste mens wat Timol lewend gesien het en glo gesien het hoe hy by die venster uitspring, moet ondersoek word. Volgens Mothle het Rodriques die geregtelike ondersoeke in 1972 en 2017 mislei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Tasha ·

Ai jong. Dat jou dinge jou bly inhaal. Maar jy sien nie die koue sake van Plaas Moorde en Aanvalle en al die diefstal sake nie, die hier en die nou word nie uit gesort nie. Nee dit word net vertraag, deur ou mense nou te wil vervolg. Ek weet verkeerd is verkeerd, maar al die partye was daai tyd skuldig aan verkillende gruwel dadde. Of mense dit nou wil hardop se of nie. Maar die een ras word aangekla die ander was FREEDOM Fighters en word as HELDE gesien. AG nee. Fokus eerder op die hier en nou om die LAND nou te help

HPV ·

En oorlog is en bly oorlog, mense vergeet maar gou die lafhartige bomplanters en terroriste wat letterlik slegs ongewapende burgerlikes geteiken het, hul eie mense met brandende buitebande vermoor het. Kerke wat vir ons veiligheidsmagte gebid het, dieselfde kerke wat nou so stil is terwyl twee mense per uur vermoor word, onregte en dubbel standaarde aan die orde van die dag is. Ons was daar en het nog nie vergeet nie…

Sarel ·

Griet, ek kan dalk met jou saamstem indien die verhore beide kante toe en in volgorde geskied . Maar nie as dit vir politieke gewin gedoen word nie .

jaco ·

toe die Nasionale Party regering in 1993, een jaar VOOR die 1994 verkiesing, duidelik gesien het hoe die wind waai en dat die ANC in n veelrassige verkiesing gaan wen, waarom het hulle nie toe AL die bewyse van hulle geraamtes in die kas vernietig nie? Hulle kon in 1990 al daarmee begin het. Dit kon nie ‘n te moeilike taak gewees net nie. Een jaar se harde werk en alles was klaar. Niemand so geweet het nie. Of was hulle so dom om te dink hulle sou die 1994 verkiesing wen?

Gerhard ·

Wel die manne wat toe in beheer was het niks om te vrees nie. Vir die res is dit ‘n ander saak.

Jannie ·

Terwyl daar naarstiglik gepoog word om ou koeie uit die sloot te grawe vir politieke gewin, wonder ek of die ou Voortrekkers ook dalk postuum sal moet teregstaan vir die Zoeloes wat by Bloedrivier doodgeskiet is!!!

Tong in die kies ·

Hulle gaan nog vir Jan van Riebeeck aankla vir grond besetting. As hulle nou net daai vervlakste titelakte in hulle argiewe kan opspoor. Soos ge-argifeer vóór 1652 toe die hele land aan hulle behoort het met deeglike kaart-en-transporte in plek.

Peter Holmes ·

Lyk my hier kom n Neuremberg verhoor. Onthou nog vir Rudolph Hess wat tot sy dood in die Spandau gevangenis aangehou is.

Andre ·

Wil nog weet hoe die hof n bevinding maak oor n dispuut sonder fisiese getuienis. Wie het gesien hy is uitgegooi ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.