Oudpolisievrou dán gevonnis vir huurmoord op man

Argieffoto

’n Voormalige polisiebeampte is in die hooggeregshof in Nelspruit, Mpumalanga, skuldig bevind aan die moord op haar man, ook ’n polisiebeampte.

Sers. Vusi Dlamini is in 2017 ten aanskoue van sy vrou, Lerato Mokoena, doodgery toe die egpaar gaan draf het.

Dit het later aan die lig gekom dat Mokoena en die bestuurder van die motor, Mduduzi Ndlovu (26), destyds saamgesweer het om Dlamini te vermoor en dit na ’n ongeluk te laat lyk.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê Mokoena en haar man het op die betrokke dag gaan draf. Ndlovu het die egpaar in Mokoena se motor agtervolg waarna hy Dlamini doelbewus doodgery het.

Die motor is tydens die voorval só beskadig dat dit nie meer kon ry nie waarna Ndlovu te voet op die vlug geslaan het.

Mokoena het op die toneel by haar man se lewelose liggaam agtergebly. Die polisie en die nooddienste het op die voorval gereageer en Dlamini is op die toneel dood verklaar.

Die polisie het destyds ná die voorval na Ndlovu gesoek waarna hy hom later aan die polisie oorgegee het.

“Dit het uit ’n ondersoek geblyk dat Mokoena en Ndlovu die moord beplan en laat lyk het asof dit ’n ongeluk was. Ndlovu het uiteindelik die besonderhede aan die polisie bekend gemaak en presies uiteengesit wat op daardie dag gebeur het.”

Mokoena is gevolglik ook in hegtenis geneem op aanklag van sameswering om moord te pleeg. Sy is later op borgtog vrygelaat. Haar medebeskuldigde was egter in aanhouding totdat die twee Donderdag skuldig bevind is.

Mokoena en Ndlovu sal na verwagting op 14 Januarie 2021 gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Persheks Adri ·

Hoop hulle kry nie borg nie en sit tot hulle gevonnis word! Blinde sambok slaan terug

Daleen ·

Sy is klaar op borgtog vrygelaat – Persheks Adri – soos in die 2de laaste paragraaf gelees kan word.

Persheks Adri ·

Dankie Daleen! Ek sit en wonder net of hulle huidiglik sit, want die artikel spesifiseer dit nie duidelik vir my nie of ek verstaan verkeerd. Sal beslis Donderdag weet.

Johannes Andreas ·

Maak vir my ook nie sin nie. Ek neem aan daar gaan nou seker argumente vir straf versagting aangehoor word alvorens vonnis opgelê word, alhoewel daar geen aanduiding in die berig is nie. Moord en sameswering moet dieselfde MINIMUM straf van 25 jaar hê en basta. Doen sommer weg met die belaglikheid van lewenslank = 25 jaar. Lewenslank moet juis dít wees, lewenslank. Huidiglik is ons strafreg stelsel ‘n betaalde vakansie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.